Local sport

Duiwe van Secunda vlieg plekke los

James Allison se duiwe blink uit.

Duiweboere van die Sasol Posduifklub het tot dusver ’n besige maand gehad met hul wedvlugduiwe wat van verskeie dorpe na Secunda gevlieg het.

Die duiwe het op 11 Julie vanaf Trompsburg in die Vrystaat gevlieg.

In die jongvoëlsafdeling was dit James Allison se duiwe wat eerste, tweede, derde, vierde en 10de plekke behaal het, terwyl die Steyn-familie se duiwe vyfde en sewende plekke behaal het en Koot Meyer se duiwe sesde, agtste en negende plekke.

In die ope afdeling van dieselfde wedvlug was dit weer eens James Allison se duiwe wat uitgeblink het deur eerste, tweede, derde, vierde en sesde plekke te behaal.

Koot Meyer se duiwe het vyfde, agtste, negende en 10de plekke behaal, terwyl een van die Kotze-gesin se duiwe sewende geëindig het.

Duiweboere se duiwe het op dieselfde dag ook vanaf Hopetown in die Noord-Kaap huis toe gevlieg. In die jongvoëlsafdeling het die De Nysschen Hokke se duiwe eerste en derde plekke behaal, terwyl die Steyn-familie se duiwe tweede, vierde, vyfde en sesde plekke behaal het.


LEES OOK: Secunda-vrou veg steeds dapper nadat haar hart gaan staan


In die ope afdeling van dieselfde wedvlug het James Allison se duiwe weereens skoonskip gemaak deur eerste, tweede, derde, vierde, vyfde, sesde en agtste plekke te behaal.

Koot Meyer se duiwe het sewende en 10de plekke behaal, terwyl een van die Steyn-familie se duiwe negende geëindig het.

Die duiwe het op 18 Julie vanaf Strydenburg in die Noord-Kaap gevlieg. In die jongvoëlsafdeling was dit een van die De Nysschen Hokke se duiwe wat gewen en ook die derde plek behaal het, terwyl die Steyn-familie se duiwe tweede, vierde, vyfde en sesde plekke behaal het.

In die ope afdeling van dieselfde wedvlug was dit weereens James Allison se duiwe wat uitstekend gevaar het en eerste, tweede, vyfde, sewende en negende plekke behaal het.


man holds a homing pigeon in his hands
Louwtjie Kotze van die Sasol Posduifklub met een van sy duiwe. Foto: Verskaf

Koot Meyer se duiwe het ook goed gevaar deur derde, vierde, sesde, agtste en 10de plekke te behaal.

Die wedvlugduiwe het op dieselfde dag ook vanaf Smithfield in die Vrystaat meegeding.

n die jongvoëlsafdeling het Koot Meyer se duiwe eerste, tweede, vyfde, agtste en negende plekke behaal, terwyl die De Nysschen Hokke se duiwe derde, vierde en 10de plekke behaal het.

Een van die Kotze-gesin se duiwe het sesde geëindig en een van die Steyn-familie se duiwe sewende. In die ope afdeling van dieselfde wedvlug was dit weereens James Allison se duiwe wat eerste, tweede en sesde plekke behaal het.


LEES OOK: Residents accuse Lekwa Municipality of betrayal over lack of basic services


Een van die Steyn-familie se duiwe het derde geëindig, Koot Meyer se duiwe vierde, sewende, agtste en 10de, en die De Nysschen Hokke se duiwe vyfde en negende.

Die wedvlugduiwe het op 25 Julie weer hul staal gewys, dié keer vanaf Springfontein in die Vrystaat. In die jongvoëlsafdeling het Koot Meyer se duiwe eerste, vyfde, sesde en sewende plekke behaal.

Die Steyn-familie se duiwe het tweede, derde, agtste en 10de plekke behaal, terwyl die De Nysschen Hokke se duiwe vierde en negende plekke behaal het.

Duiweboere se duiwe het op dieselfde dag vanaf De Aar in die Noord-Kaap huis toe gevlieg en hul vaardighede gewys.

James Allison se duiwe het weereens nie teleurgestel nie en eerste, tweede en 10de plekke behaal, terwyl die Steyn-familie se duiwe derde en agtste plekke behaal het.

Koot Meyer se duiwe het vierde, vyfde, sewende en agtste plekke behaal, terwyl die Kotze-gesin se duiwe sesde en sewende plekke behaal het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button