Local newsLocal sportNewsSport

Prima ballerina droom van wêreldverhoog

Haar talent en harde werk het haar selfs 'n solo in die dansskool se produksie verseker.

Enige klein dogtertjie se droom is om eendag ‘n ballerina te word. Laerskool Helderkruin se Anzelle von Holtshauzen-Collett is geen uitsondering nie.

Dié 11-jarige ballerina neem al dansklasse sedert die ouderdom van vyf, en was nog nooit spyt nie. In die kort tydjie wat Anzelle ballet neem het sy reeds uitmuntende toewyding getoon aangesien sy vyf vlakke in slegs drie jaar voltooi het.

Anzelle von Holtshauzen-Collett geniet dit om te dans. Foto: Alanicka Lotriet.

Dit is sowaar ‘n uitstekende prestasie aangesien ballerinas slegs een keer per jaar na die volgende vlak bevorder word. Alhoewel sy vir ‘n jaar nie klasse bygewoon het nie as gevolg van Covid-verwante gesondheidsrisiko’s, het sy getrou by die huis geoefen en sodoende die vrugte haar harde werk gepluk.

Anzelle het vroeër vanjaar by Dance Inc goud vir Vlak 5 ontvang en ‘n sliver met ‘n dubbel onderskeiding vir Vlak 6.

Haar talent en harde werk het haar selfs ‘n solo in die dansskool se produksie, Rhapsody in Pink verseker. Die produksie sal na verwagting in Maart volgende jaar plaasvind. Die passievolle danser droom daarvan om eendag die beste te wees in wat sy doen en om in die Sydney Operahuis in Australië op te tree.

Anzelle von Holtshauzen-Collett geniet dit om te dans. Foto: Alanicka Lotriet.

“Dis verskriklik moeilik, maar dis lekker! Ek wil graag ander jong ballerinas aanmoedig om hul beste te gee en elke dag te oefen. Hulle moet net nooit opgee nie.” het Anzelle ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button