EntertainmentKidsLocal newsPrimary School

Laerskool Helderkruin leerder dans haar pad na SA’s

Sy het suksesvol aan al drie afdelings deelgeneem om 'n geleentheid te kry om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.

Laerskool Helderkruin graad 6-leerder Nina Rademeyer is onlangs deur haar skool gelukgewens met haar puik prestasie by die Suid-Afrikaanse Dansonderwysersvereniging (SADTA) Gauteng Provinsiale Kampioenskappe.

Die kompetisie is op 15 Oktober by die Woodlands International College in Boksburg gehou.

Nina het ‘n tweede plek vir haar ‘freestyle solo’ en ‘slow dance solo’ behaal, en het saam met haar dansmaat, Tannith Niemann die eerste plek behaal in Vrystyl-paartjies.

Sy het suksesvol aan al drie afdelings deelgeneem om ‘n geleentheid te kry om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.

Nina se ouers sowel as haar afrigters het gesĂȘ dat hulle trots is op haar en vertrou dat sy sal aanhou om ‘n gedissiplineerde danser te wees met ‘n blink toekoms.

Sy is al drie jaar by die sport betrokke en dans by Dancecorp Dance Studios onder die wakende oog van haar instrukteurs Shannon Dunbar en Kyle Behrens.

Volgens haar ma, Luzanne Rademeyer, ontvang haar dogter baie ondersteuning en aanmoediging van haar ouers, vriende en familie asook die Dancecorp Dance Studios instrukteurs.

Nina het gesĂȘ dat sy baie tevrede is met haar prestasies en het haar opgewondenheid, sowel as haar vasberadenheid om aan die SADTA SA Kampioenskappe deel te neem, uitgespreek.

Nina gaan op 26 November deelneem aan die SADTA SA Kampioenskappe in Randburg.

Nina Rademeyer. Foto: Verskaf.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button