Schools

Roodies vier fees

Laerskool Roodekrans neem die dorp op horings tydens hul jaarlikse Roodiefees.

Laerskool Roodekrans se langverwagte Roodiefees het die afgelope naweek op ’n hoë noot afgeskop met ’n opwindende familie-pretdraf op Vrydagaand, waarna Roodies en hul families op die sportveld bymekaargekom het vir ’n gesellige fliekaand.

Reeds vroeg die volgende oggend is daar flink gewerk om die veld vir die fees reg te kry.

Susan Walker en kroos, Zivan (2) en Alex (6) was onder die ywerige ondersteuners van die kruiwawedren.

Stalletjies is opgeslaan, goedere uitgepak en bane voorberei vir die wye verskeidenheid aktiwiteite – insluitend die hoogs-populêre kruiwawedren.

Besoekers het van vroegoggend af op Roodies se sportveld toegesak, waar daar behoorlik feesgevier is.

Die kruiwawedrenne was, soos altyd, ’n strawwe kompetisie, met ouers en ondersteuners wat luidkeels van die kantlyne af hul spanne aangemoedig het.

Soos tradisie dit wil hê, was die aktiwiteitstalletjies bedrywig: springkastele het behoorlik gekreun onder die Roodies se energie, en kinders het hulle gate-uit geniet by die kuns- en speletjiestalletjies.

Lees ook: Roodies-tweelinge sorg vir dubbel die pret

Natuurlik was daar ook baie aan te smul, en die uiteenlopende en unieke kosstalletjies het geesdriftige ondersteuning geniet.

Die Roodiefees is op Sondag op gepaste wyse afgesluit met ’n dankseggingsdiens wat deur Pastoor Stefan Zeelie gelei is.

Volgens die skool se skakelbeampte, Liandri le Roux, kon die skool nie vir ’n beter naweek gevra het nie.

“Dit was ‘n uiters suksesvolle Roodiefees en ons harte loop oor van dankbaarheid,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button