LettersOpinion

Dankie vir die hulp om my mylpaal te bereik

Carel Beetge van Eden-Oord in Helderkruin skryf:

 

Nadat ek die mylpaal bereik het om 25 rondtes binne-in Eden-Oord te voltooi, het die pragtige beloning van R20 000 se borge en donasies ingestroom. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot die sukses van die fondsinsameling op 5 September.

‘n Spesiale woord van dank aan André Reynders van Falcons Nest vir sy samewerking, en sy klante vir hulle bydrae. ‘n Besondere woord van dank aan die inwoners van Eden-Oord vir julle bydrae en aanmoediging langs die roete wat ek gehardloop het; en die Inwonerskomitee vir julle onvervangbare aanmoediging, water en Coke.

Dankie aan ons Hemelse Vader wat my die krag gegee het om hierdie mylpaal te bereik.

‘n Herhaling van hierdie suksesvolle projek word weer vir die eerste Saterdag van September 2021 in die vooruitsig gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button