School sportSport
Kruiner-atlete kwalifiseer vir Gauteng-kampioenskappe
Hulle gaan in Germiston deelneem
Laerskool Helderkruin spog met 12 atlete wat hierdie naweek (1 en 2 Maart) aan die Gauteng Kampioenskappe in Germiston deelneem.
Hulle is Kyla Nienaber, Mignon Theunissen, Jamaal Feldman, Inge Keyser, Diane van Niekerk, John-Higgs Venter, Jayden Brown, Cayden Streicher, EJ Lourens, Wilson Msimanga, Tobias Kloppers en Jayden Jubber.
Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte het gesê, “Ons sê vir hierdie atlete baie geluk en baie sterkte met die kampioenskappe. Ons glo julle sal baie goed vaar.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



