Editor's noteSouth Coast Fever

Waarom altyd van links af in ’n vliegtuig in?

Omdat my twee susterskinders lugdiens-vlieëniers is, die een in Dubai en die ander in Calgary, Kanada, en ek hul loopbane met dekades reeds met belangstelling volg, my een seun die afgelope 14 jaar gemiddeld drie keer per jaar uit die buiteland kom kuier en ons oor sy ervarings in vliegtuie inlig, en ekself in my …

Omdat my twee susterskinders lugdiens-vlieëniers is, die een in Dubai en die ander in Calgary, Kanada, en ek hul loopbane met dekades reeds met belangstelling volg, my een seun die afgelope 14 jaar gemiddeld drie keer per jaar uit die buiteland kom kuier en ons oor sy ervarings in vliegtuie inlig, en ekself in my jonger jare as joernalis derduisende ‘lugmyle’ afgelê en mega-ure op lughawens deurgebring het, het ek ’n gesonde belangstelling in die lugvaartbedryf. Daarom het interessante en leersame artikels deur kenners van die lugvaartbedryf die afgelope week, my aandag onmiddellik getrek.

Wat my oog gevang het, was die vraag ‘weet jy waarom passasiers feitlik altyd van die linkerkant af aan boord van ’n vlietuig gaan?’ Ek het nie geweet nie, en was verbaas om te lees dat dit wel die geval is, en dat die bagasie en dinge soos passasiersvoedsel aan die regterkant van die vliegtuig ingelaai word. Die redakteur van die tydskrif The Aviation Historian, Michael Oakley, skryf baie van die benamings wat in die lugvaartbedryf gebruik word, het hul oorsprong in die maritieme omgewing.

Ek noem die woorde in Engels omdat dit die gevoelswaarde in hierdie konteks beter reflekteer: ‘rudder, cockpit, cabin en knots’ ens. Nog bewyse van die groot invloed van die seevaart op die lugvaart is dat bote en skepe ‘n ‘port side’, gehad, oftewel die kant wat teen die hawe-vasmeerplek was, die linkerkant. Hierdie tradisie is na die lugvaartbedryf toe oorgedra. In die 1930s het United Airlines ook passasiers van die regterkant af aan boord laat gaan, maar dis gou gestaak omdat dit minder doeltreffend was.

Matthew Burchette van die Lugvaartmuseum in Washington verduidelik ’n groot rede hiervoor was die gebruik van lughawens om toegangshekke en deure aan die linkerkant van die vliegtuie se staanplekke te bou omdat die senior vlieënier aan die linkerkant van ’n passasiersvliegtuig sit, en dus beter kan sien om afstande te skat wanneer hulle nader aan die passasiers-ingangshekke beweeg. Dit het bloot sin gemaak om hierdie gewoonte te behou toe nuwe, groter en meer komplekse lughawens gebou is omdat alles gladder verloop wanneer alle vliegtuie dieselfde ding in dieselfde rigting doen. Dit verseker dat passasiers van ’n vliegtuig kan afklim sonder om in die pad te beland van die grondpersoneel wat die vliegtuig se brandstof aanvul of bagasie op- of aflaai. Inderdaad insiggewend, en indien ek ooit weer ’n lugreis onderneem, sal ek mooi oplet hoe hierdie gebruike nagekom word.

In die leesproses het ek ook kennis geneem van ander interessante inligting met betrekking tot die lugvaartbedryf. Dis algemeen bekend dat lugreise die veiligste manier van vervoer is, baie veiliger as om met ’n voertuig te reis. Volgens IATA, die internasionale lugvaartvereniging, was die ongelukkoers in 2023 0.80% in een miljoen vlugte. Wat egter nie so indrukwekkend is nie, is die feit dat een uit elke 20 items bagasie in 2023, oftewel 1.8-miljoen items, verlore geraak of na verkeerde bestemmings gestuur is.

Daar is nog talle ander interessanthede oor die bedryf, en die volgende lys was vir my insiggewend: Tagtig present van die wêreld se bevolking het nog nooit ’n vliegrit onderneem nie. Die ongeluk met die grootste lewensverlies het in 1977 op die grond gebeur toe twee vliegtuie met meer as 600 mense aan boord op Tenerife se lughawe gebots het. Die noodvoorraad suurstof tot passasiers se beskikking wanneer dekompressie plaasvind, duur net 15 minute.

Spesiale ‘kanonne’ wat hoenderkarkasse afvuur, word in toetse gedoen tydens die vervaardigingsproses om die motore se reaksie te toets en om te bepaal of die betrokke vliegtuig se kajuitvensters die impak sal kan weerstaan indien ‘n botsing met voëls sou plaasvind. Passasiers se kanse op oorlewing is beketenisvol beter indien hulle in die agterste derde van die vliegtuig sit. ’n Gedetailleerde opname deur die tydskrif Time het getoon die kanse op oorlewing is 32% beter. Die middelgedeelte van die vliegtuig is die gevaarlikste, met ’n sterftekoers van 39%, gevolg deur die voorste gedeelte met 39%.

Ander interessanthede is dat die sg. ‘black box’ van ‘n vliegtuig inderwaarheid helder oranje van kleur is. ’n Enkele vliegkajuit-windskerm of vensterraam van ’n Boieng 747-400 kos netsoveel as die duurste BMW-motormodelle. Vlieëniers van die groot rederye eet nie dieselfde kos nie om die risiko van voedselvergiftiging by altwee, of drie. In Amerika vlieg gemiddeld twee-miljoen passasiers daagliks op meer as 30 000 vlugte. Die grootste vliegtuig ter wêreld, die Airbus 380, het meer as 4-miljoen onderdele. Die drie besigste lughawens in die wêreld is, in hierdie volgorde, Harsfield-Jackson in Atlanta, Dubai s’n en Haneda in Tokio.

Tagtig present van vliegongelukke gebeur gemiddeld binne drie minute na opstyging en agt minute voor die landing. Afgematheid onder vlieëniers is een van die grootste be3dreigings vir vliegveiligheid, en tot 75% van hulle het erken dat hulle tydens vlugte aan die slaap geraak het. American Airlines het in 1987 $40 000 gespaar deur net een olyf minder in die slaai vir etes in die eersteklas-seksie te bedien. So kan ek aangaan., maar die ruimte ontbreek.

Die lugvaartbedryf is voorwaar ’n besonderse sektor van die wêreld-ekonomie, is onontbeerlik in die modern tyd, en gaan vorentoe nog ’n baie groter faktor in ons lewens word. Battery-aangedrewe vliegtuie? Sonder vlieëniers?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button