Vas vrae aand samel in fondse vir Hospice
'N Umkomaas restuarant het nog 'n suksevolle vasvrae aand gehou om fondse in te samel vir Khanya Hospice.
“Die mense het ons tweede ‘fun quiz’ baie geniet en dit was lekker prêt vir ‘n baie goeie doel,” se Khanya Hospice uitvoerende bestuurder, Neil McDonald.
Een keer per maand reel die eienaar van Waves, Rob Harding, die ‘fun quiz’ ten bate van die plaaslike Hospice. Dit word gewoonlik op die laaste Woensdag aand van die maand gehou. Die volgende ‘fun quiz’ aand sal op Woensday, 26 Maart gehou word.
“Rob sê hy kry baie ondersteuning van sy diens verskaffers in die opsig dat hulle goeie pryse vir die wenners gee. Omdat hierdie alles vir liefdadigheid gaan, moet mense vooraf bespreek.
Hospice se dienste is gratis aan almal wat aan lewens gevaarlike en terminale siektes ly en hospice verskaf ook ondersteuning aan die families. Hospice kry geen staatshulp nie en moet dus vir hulle eie fondse sorg.
Mense wat skenkings aan Hospice wil maak, kan Neil McDonald skakel by 039-973-1783 of email Manager@khanyahospice.org.za.
Donasies van enige aard is baie welkom. Mense kan ook nuut of tweede handse klere of meubels skenk, tuin meubels of gereedskape of ‘wat jy ook al het om weg te gee,” sê Neil. “Ons sal ook donasies kom optel.”



