CP010178

KENNISGEWING VAN GRONDONTWIK-

KELINGSAANSOEK

Ons, Nuplan Development Planners BK, het `n grondont-

wikkelingsaansoek ingedien (Wysigingskema 186/2018) ingevolge Artikel 66 van die Thaba Chweu Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, Bywet, 2016, vir die hersonering van Erf 3352, Lydenburg, gele te Viljoenstraat 121, Mashishing / Lydenburg. Die voorneme is om die eiendom te hersoneer vanaf *`Besigheid 1` met bestaande grondgebruike na “Besigheid 1” met bykomende grondgebruike wat nie oorspronklik deel was van die grondregte van nie en wat versoekbaar is met die bestaande Jocks Sentrum.

`n Afskrif van die aansoek/e en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, Kantoor 30, Burgersentrum, h/v Viljoenstraat en Sentraalstraat, Lydenburg, 1120 kontak nommer: 013-235-7388. Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes vir beswaar moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 61, Lydenburg, 1120 of by Kantoor 30, tweede verdieping, Burgersentrum, h/v Viljoenstraat en Sentraalstraat, Lydenburg; of e-pos aan: Kedibone.Kgwedi@tclm.gov.za en townplanner@tclm.gov.za, nie later as
26 September 2026, synde 30 dae vanaf 27 Augustus 2026. Die kommentaar vir besware vorm is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf (www.thabachweu.gov.za). Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.

Adres van agent: Nuplan Development Planners BK,

Posbus 2555, Nelspruit, 1200.

Tel: 013- 752-3422,

Faks: 013-752-5795,

Epos: admin@nuplan.co.za,
Verw: JOCK-WS-001

Reference Number: CP010178

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button