JR008161

POLOKWANE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KENNISGEWING VAN `N HERSONERINGS- AANSOEK INGEVOLGE ARTIKEL 95(1) VAN DIE POLOKWANE MUNISIPALE BEPLANNINGS- VERORDENING, 2017 (SOOS GEWYSIG 2025) WYSIGINGSKEMA 300, BYLAE 113 Ek, Tshilidzi Timothy Mudzielwana van Fulwana Beplanningskonsultante cc, as aansoeker van Gedeelte 4 van erf 691 Pietersburg Township LS Registrasieafdeling, Limpopo Provinsie, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 95(1)(a-e) van die Polokwane Munisipale Beplanningsverordening, 2017 (soos gewysig 2025), dat ek by Polokwane Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die wysiging van die Polokwane Gentegreerde Grondgebruikskema, 2022 deur hersonering ingedien ingevolge Artikel 61(1) van die Polokwane Munisipale Beplanningsverordening, 2017 (soos gewysig 2025), van die eiendom soos hierbo beskryf. Die eiendom is gele by Dorpstraat 26, in Polokwane-stad. Die hersonering is van “Residensieel 1” na “Spesiale gebruik” vir kantore onderhewig aan voorwaardes op Bylae 113.
Enige beswaar en/of kommentaar, insluitend die gronde vir sodanige beswaar en/of kommentaar met volle kontakbesonderhede, sonder welke die Munisipaliteit nie met die persoon of liggaam wat die beswaar en/of kommentaar indien kan korrespondeer nie, moet ingedien word by, of skriftelik gemaak aan:
Die Direkteur, Polokwane Munisipaliteit, Departement van Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur, Posbus 111, Polokwane, 07:00 van 17 April 2026 tot
15 Mei 2026.
Volledige besonderhede en planne kan gedurende normale kantoorure by die Munisipale kantore soos hieronder uiteengesit word, vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van die eerste publikasie van die kennisgewing in die Provinsiale Koerant en Polokwane Observer koerant.
Adres van munisipale kantore: Conner Landross en Bodenstein strate, Burgersentrum. Polokwane-stad. Departement van Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur.
Sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentaar:
15 Mei 2026. Adres van aansoeker:
25 Tangerine Street,
Bendor Uitbreiding 52,
Polokwane, 0699,
Selfoon: 072 4266 537,
E-pos: tshilidzi@ fulwanapc.co.za
Datums waarop die
kennisgewing gepubliseer sal word:
17 April 2026 en
24 April 2026.

Reference Number: JR008161

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button