KR002033

PH83 – JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT SPESIALE TOESTEMMING, OPHEFFING VAN BEPERKENDE TITELVOORWAARDES EN VRYSTELLING VIR DIE REGISTRASIE VAN `N SERWITUUT Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 92(1)(d) en Artikel 92(2)(a) van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013), dat die onderstaande aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en gedurende normale kantoorure ter insae l by die Kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Enige besware/verto moet skriftelik ingedien word by, of gerig word aan, of mondelings indien die beswaarmaker nie kan skryf nie, aan die Munisipale Bestuurder by bogenoemde adres, of gepos word na Posbus 113, Potchefstroom, 2520, vir aandag Nthabiseng Dipale by diphalen@jbmarks.co.za, voor of op die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf- en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 21 MEI 2026 AARD VAN AANSOEK: Aansoek word gedoen vir spesiale toestemming om `n `Plek van Onderrig` en gepaardgaande en ondergeskikte gebruike te akkommodeer ingevolge Klousule 22 van die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015 en ingevolge Artikel 76, vervat in Hoofstuk 5 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015 en die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013; en Daar is ook aansoek gedoen vir vrystelling van onderverdeling en konsolidasie vir die registrasie van *`n serwituut, vir n reg van weg, oor Gedeelte 912 Vyfhoek 428 ten gunste van die Resterende Gedeelte van Gedeelte 612 (`n Gedeelte van Gedeelte 63) van die Plaas Vyfhoek 428 ingevolge Artikel 71, vervat in Hoofstuk 5 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015 en die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013; en Daar is ook aansoek gedoen vir die opheffing van beperkende titelvoorwaardes uit die titelakte van die onderstaande eiendom ingevolge Artikel 63, vervat in Hoofstuk 5, en die toepaslike artikels van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013, rakende titelvoorwaardes (T33255/2003), Voorwaarde E(i) op bladsy 14, Voorwaarde E(ii) op bladsy 14, Voorwaarde E (iii) op bladsy 15, Voorwaarde E(iv) op bladsy 15, ten einde `n `Plek van Onderrig` op Gedeelte 612 van die Plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling IQ, Noordwes Provinsie, te akkommodeer. Die aansoekperseel is gele oos van die R501 en MC Roodestraat in Potchefstroom. EIENAAR : ALETTA GERTRUIDA VAN WYK (GEBOORTEDATUM: 1952/01/10), EKSEKUTRISE IN DIE BOEDEL VAN DIE WYLE JACOBUS HENDRIKUS VAN WYK (GEBOORTEDATUM: 1948/06/06) APPLIKANT : K.W., ROST (GEBOORTEDATUM: 1976/07/31) VAN TOWNSCAPE PLANNING SOLUTIONS CC, REG NR: 2000/045930/23 ADRES : 14 VAN GRAAN STRAAT, POTCHEFSTROOM, 2531. POSBUS 916, POTCHEFSTROOM, 2522. TEL NO : 082 662 1105 EMAIL : wilhelm@tpsplanners.co.za ONS VER : P261086 MUNICIPAL MANAGER, MR K KUMBE

Reference Number: KR002033

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button