KR002038
PH81 A – AANSOEK IN TERME VAN ARTIKEL 56 VAN DIE TLOKWE RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR VERORDENING, 2015, SAAMGELEES MET DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR, 2013 (WET 16 VAN 2013), OM DORPSTIGTING WAT BEKEND SAL STAAN AS BAILLIE PARK UITBREIDING 67 OP GEDEELTE 198 VAN DIE PLAAS VYFHOEK 428, REGISTRASIE AFDELING I.Q., PROVINSIE NOORD WES ASOOK GELYKTYDIGE AANSOEK IN TERME VAN ARTIKEL 63 VAN DIE TLOKWE RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR VERORDENING, 2015, SAAMGELEES MET DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR, 2013 (WET 16 VAN 2013) VIR DIE OPHEFFING VAN BEPERKENDE TITEL VOORWAARDES IN TITEL AKTE T94603/1995 Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92 van die Tlokwe Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Verordening, 2015 dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 208 en/of 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Kontak Me. N. Dipale en/of Mnr. P. Moretsi vir enige navrae te dipalen@jbmarks.gov.za / pmoretsi@jbmarks.gov.za en/of 018 299 5107 / 018 299 5789. Enige beswaar/verto moet skriftelik,of mondelings as nie kan skryf (munisipale werknemer sal bekikbaar wees gedurende normale kantoor ure by bovermelde adres om modeling besware te transkribeer), by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by bovermelde adres / e- pos adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 26 FEBRUARIE 2026 AARD VAN AANSOEK: Ek/ons, N.J. Blignaut (ID: 681211 5030 08 4) en/of C.E. Muller (ID: 910128 0077 08 9) en/of Welwyn Town and Regional Planning BK (Reg No: 1998/005829/23), synde die gemagtigde agent(e) van die eienaar(s) van Gedeelte 198 van die plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noord Wes, gelee aangrensend en oos van Malvastraat in Baillie Park, ongeveer 180m suid van Kanaalweg, met eiendoms kordinate 2642`43, 43″ Suid en 2707`27, 90″ Oos, doen aansoek by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit in terme van: 1.Artikel 56 van die Tlokwe Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Verordening, 2015, saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013), vir Dorpstigting op Gedeelte 198 van die plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noord Wes, wat bekend sal staan as Baillie Park Uitbreiding 67, wat sal bestaan uit 1x `Opvoedkundig` erf; 2x`Residensieel 1` erwe; 1x `Residensieel 2` erf met bylaag vir 6 eenhede/hektaar; en 1x `Publieke Pad` erf. Die doel is om die bestaande gebruike op die eiendom te formaliseer wat bestaan uit `n kleuterskool en 4x wooneenhede. 2. Gelyktydige aansoek word gedoen in terme van Artikel 63 van die Tlokwe Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Verordening, 2015, saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013), vir die gelyktydige Opheffing van Beperkende Titel Voorwaardes, Paragraaf (a) bl.2-3; (b) bl.3; (c) bl.3; (d) bl.3; en (e) bl.4 soos vervat in Titel Akte T94603/1995 met die doel om enige beperkende voorwaardes te verwyder asook voorwaardes wat nie oorgedra moet word na die nuwe erwe toe nie. EIENAAR:S.H.J. Willers (ID: 581212 5053 08 5) en M.I. Willers (ID:591119 0101 08 2) APPLIKANT: Nicolaas Johannes Blignaut (I.D. 681211 5030 08 4) en/of Catherina Elizabeth Muller (ID: 910128 0077 08 9) en/of Welwyn Town and Regional Planning BK (Reg. No: 1998/005829/23) ADRES: Bezuidenhoutstraat 2, Potchefstroom, 2531 en/of Posbus 20508, Noordbrug, 2522 TEL. NO. & E-POS: 082 562 5590 / potchefstroom@welwyn.co.za MUNISIPALE BESTUURDER: MNR. K. KUMBE Kennisgewingnommer: 8/2026
Reference Number: KR002038