KR002166

PH124 A -KENNISGEWING VIR ONDERVERDELING, KONSOLIDASIE EN HERSONERING VAN RESTANT VAN GEDEELTE 3 VAN ERF 78, RESTANT VAN ERF 1741 EN VOORGESTELDE GEDEELTE 6 VAN ERF 1743, POTCHEFSTROOM Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92 van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurskema Verordening 2015, dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom (epos: dipalen@jbmarks.gov.za / pmoretsi@jbmarks.gov.za) of by die hieropvolgende adres van die gemagtigde agent soos onderaan genoem. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by genoemde adresse of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf, telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 26 Junie 2026 AARD VAN AANSOEK: Ek, L.J. Botha van H & W Town Planners BK , as die gemagtigde agent van die eienaar, is van voorneme om by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit aansoek te doen vir die volgende aansoeke ingevolge Artikels 67, 62 en 73 van die Tlokwe Stadsraad se Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuursverordening, 2015, saamgelees met SPLUMA, 2013 (Wet 16 van 2013): (i) Onderverdeling van Gedeelte 3 van Erf 1743, Potchefstroom in twee (2) gedeeltes, (ii) Wysiging van die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015, deur die hersonering van die Restant van Gedeelte 3 van Erf 78, die Restant van Erf 1741, en voorgestelde Gedeelte 6 van Erf 1743, Potchefstroom, van `Kantoor` met Bylaag 861, `Kantoor` met Bylaag 717 en *`Residensieel 1` na `Besigheid 3` met Bylaag 1922 om ook voorsiening te maak vir `n `Restaurant`, en (iii) die Konsolidasie van die Restant van Erf 1741 en die voorgestelde Gedeelte 6 van Erf 1743, Potchefstroom. Die eiendomme is gele te Retiefstraat 65 en 63 en De Wetstraat 4. Dit is die eienaar se voorneme om die bestaande grondgebruiksregte uit te brei deur besigheidsverwante aktiwiteite en `n restaurant te verskaf wat die huidige kantore sal aanvul. Eienaar: Carl Venter Family Trust (Reg No.: IT143/2005) Adres van gemagtigde agent: H & W Town Planners CC (2006/148547/23), Kuilvoersingel 20, Ferdinand Postmapark, Potchefstroom, 2531, Tel: 076 051 8979, e-pos: louis@hwtp.co.za Munisipale Bestuurder: K. Kumbe

Reference Number: KR002166

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button