KR002192

PH123 A – JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT OPHEFFING VAN BEPERKENDE TITEL VOORWAARDES EN SPESIALE TOESTEMMING Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbeheer, 2015, dat ondergemelde aansoek deur die Tlokwe Stadsraad ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, Tlokwe Stadsraad, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom, Me Nthabiseng Dipale, vanaf 4 Junie 2026. Enige beswaar/verto moet skriftelik,of mondelings indien nie kan skryf nie,by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by bovermelde adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 of per epos aan dipalen@jbmarks.gov.za ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf en telefoonnommers en adres SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO/: 4 JULIE 2026 Aansoek is gedoen in terme van Artikel(s) 63 en 76 en van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbeheer, 2015, vir die opheffing van beperkende voorwaardes in Titel Akte T105742/2004 en spesiale toestemming vir `n `Gastehuis` en `Woonstel` op Gedeelte 1177 van die Plaas Vyfhoek 428 IQ, Noordwes Provinise om die bestaande gebruike te wettig. Die eiendom is gele noord van die Dagbreekpad ongeveer 1.1km oos van die R501/Dagbreekpad T aansluiting in Vyfhoek, Potchefstroom EIENAAR: P C L Cordier en C M Cordier APPLIKANT: Manna Development Consultancy (Edms) Bpk ADRES Posbus 2882, Noordheuwel, 1756

Volstruisstraat 13, Rant en Dal, Kru gersdorp, 1739 TEL. NO. 072 188 4505 E POS maartin@mannadc.co.za Kennisgewingnommer: 45/2026 Datum van kennisgewing: 4 Junie 2026 & 11 Junie 2026 K KUMBE MUNISIPALE BESTUURDER

Reference Number: KR002192

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button