KR002409

PH196 – KENNISGEWING AAN AANGRENSENDE EIENAARS EN GEAFFEKTEERDE PARTYE MET BETREKKING TOT `N GRONDONTWIKKELINGSAANSOEK INGEVOLGE ARTIKEL 41(2)(B) VAN DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR (SPLUMA), WET 16 VAN 2013, GELEES SAAM MET ARTIKEL 62 VAN DIE TLOKWE-STADSRAAD SE VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2016, VIR DIE WYSIGING VAN DIE TLOKWE-GRONDGEBRUIKBESTUURSKEMA, 2017, TEN OPSIGTE VAN ERF 2750, POTCHEFSTROOM-UITBREIDING 16-DORPSGEBIED, NOORDWES-PROVINSIE (WYSIGINGSKEMA), GELE TE RISSIKSTRAAT 122, POTCHEFSTROOM (AMENDMENT SCHEMA 2670). Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 92 van Hoofstuk 6 van die Tlokwe-stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, dat die ondergemelde aansoek deur die JB Marks-plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae l gedurende normale kantoorure by die Kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks- plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome-kompleks, hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjie-laan, Potchefstroom (e-pos: dipalen@jbmarks.gov.za / pmoretsi@jbmarks.gov.za) of by die adres van die gemagtigde agent hieronder. Enige besware/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie in staat om te skryf nie, by die Munisipale Bestuurder ingedien of gerig word by bogenoemde adresse, of gepos word aan Posbus 113, Potchefstroom, 2520, voor of op die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang by die saak, die grond(e) vir die beswaar/verto, asook die beswaarmaker se erfnommer, telefoonnommer en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN KOMMENTAAR, BESWARE OF VERTO IS: 24 SEPTEMBER 2026 Ek, Mohammed Dambha, ID 9704125169084, synde die gemagtigde agent van die eienaar van Erf 2750, Potchefstroom- uitbreiding 16-dorpsgebied, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 41(2)(b) van die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur (SPLUMA), Wet 16 van 2013, saamgelees met Artikel 62 van die Tlokwe- stadraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2016 en/of enige ander wetgewing, beleid of verordening wat van toepassing mag wees, dat ek aansoek gedoen het om die wysiging van die Tlokwe- grondgebruikskema, 2017, ten opsigte van Erf 2750, Potchefstroom-uitbreiding 16-dorpsgebied, vanaf “Residensieel 1” en “Residensieel 3” na “Residensieel 3” vir die doeleindes van 10 wooneenhede. Dit is die eienaar se voorneme om `n “Residensieel 3”- grondgebruik te vestig deur die bestaande strukture op die eiendom te omskep vir gebruik as studentebehuising. Eienaar: Mnr. Sibusiso Abrahamu Mabaso en Mev. Sarah Agrineth Mabaso Adres van gemagtigde agent: Mnr. M Dambha, Gani-straat 32, Mohadin, Potchefstroom, admin@indednation.co.za Munisipale Bestuurder: K. Kumbe

Reference Number: KR002409

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button