KR002410
PH205 A – KENNISGEWING VIR DIE WYSIGING VAN DIE TLOKWE DORPSBEPLANNINGSKEMA, 2015, OP GEDEELTE 4 (`N GEDEELTE VAN GEDEELTE 3) VAN ERF 351, POTCHEFSTROOM, REGISTRASIE AFDELING IQ, NOORDWES PROVINSIE Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92 van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurskema Verordening 2015, dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom (epos: dipalen@jbmarks.gov.za / pmoretsi@jbmarks.gov.za) of by die hieropvolgende adres van die gemagtigde agent soos onderaan genoem. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by genoemde adresse of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf, telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 25 September 2026 AARD VAN AANSOEK: Ek, L.J. Botha van H & W Town Planners BK , synde die gemagtigde agent van die eienaar, is van voorneme om by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit aansoek te doen om die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015, te wysig deur die hersonering ingevolge Artikel 62 van die Tlokwe Stadsraad Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013) van Gedeelte 4 (`n Gedeelte van Gedeelte 3) van Erf 351, Potchefstroom, Registrasie Afdeling IQ, Noordwes-provinsie
vanaf `Residensieel 1` na `Besigheid 3` met Bylaag 1933 om ook voorsiening te maak vir `n `Motorverkoopmark`. Dit is die voorneme van die eienaars om `n motorhandelaar op die eiendom te voorsien vir die vertoon en verkoop van voertuie. Eienaar: Shahzad Ali Bajwa Zafar (ID No.: 760604 6400 088) en Hina Zafar (ID No.: 800419 0871 180) Adres van gemagtigde agent: H & W Town Planners CC (2006/148547/23), Kuilvoersingel 20, Ferdinand Postmapark, Potchefstroom, 2531, Tel: 076 051 8979, e-pos: louis@hwtp.co.za Munisipale Bestuurder: K. Kumbe
Reference Number: KR002410