KR002412

PH206 A – KENNISGEWING VIR DIE WYSIGING VAN DIE TLOKWE DORPSBEPLANNINGSKEMA, 2015, OP DIE RESTANT VAN GEDEELTE 95 (`N GEDEELTE VAN GEDEELTE 15) VAN DIE PLAAS TOWN EN TOWNLANDS VAN POTCHEFSTROOM NO. 435, REGISTRASIE AFDELING IQ, NOORDWES PROVINSIE
EN DIE OPHEFFING VAN BEPERKENDE TITELVOORWAARDES IN TITELAKTE NO. T1359/2026 Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92 van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurskema Verordening 2015, dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom (epos: dipalen@jbmarks.gov.za / pmoretsi@jbmarks.gov.za) of by die hieropvolgende adres van die gemagtigde agent soos onderaan genoem. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by genoemde adresse of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf, telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 25 September 2026 AARD VAN AANSOEK: Ek, L.J. Botha van H & W Town Planners BK , synde die gemagtigde agent van die eienaar, is van voorneme om by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit aansoek te doen om die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015, te wysig deur die hersonering ingevolge Artikel 62 van die Tlokwe Stadsraad Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015 (die Verordening), saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013) van die die Restant van Gedeelte 95 (`n Gedeelte van Gedeelte 15) van die Plaas Town en Townlands van Potchefstroom No. 435, Registrasie Afdeling IQ, Noordwes Provinsie
vanaf `Residensieel 1` na `Residensieel 3`. Aansoek word ook gedoen ingevolge Artikel 63 van die Verordening, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013), vir die Opheffing van die volgende Beperkende Titel Voorwaardes in Titelakte T1359/2026: Voorwaarde 1.
•3. op p.2. Dit is die voorneme van die eienaar om voorsiening te maak vir studente akkommodasie op die aansoekperseel soos voorgeskryf in die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015 onder die grondgebruik *`Residential Use`. Eienaar: Brink and Els Properties (Pty) Ltd (Reg No.: 2020/808100/07) Adres van gemagtigde agent: H & W Town Planners CC (2006/148547/23), Kuilvoersingel 20, Ferdinand Postmapark, Potchefstroom, 2531, Tel: 076 051 8979, e-pos: louis@hwtp.co.za Munisipale Bestuurder: K. Kumbe

Reference Number: KR002412

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button