KR002478

PH217 A – AANSOEK IN TERME VAN ARTIKEL 62 VAN HOOFSTUK 5 VAN DIE TLOKWE STADSRAAD RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIK- SBESTUUR VERORDENING, 2015 SAAMGELEES MET DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR, 2013 (WET 16 VAN 2013) VIR DIE HERSONERING VAN ERF 2832, POTCHEFSTROOM UITBREIDING 16 DORPSGEBIED, REGISTRASIE AFDELING I.Q., PROVINSIE NOORD WES (TLOKWE WYSIGINGSKEMA 2668) Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92 van die Tlokwe Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Verordening, 2015 dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae beskikbaar is gedurende gewone kantoorure te die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 208 en/of 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, op die hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Kontak Me. N. Dipale en/of Mnr. P. Moretsi vir enige navrae te dipalen@jbmarks.gov.za / pmoretsi@jbmarks.gov.za en/of 018 299 5107 / 018 299 5789. Enige beswaar/verto moet skriftelik,of mondelings as nie kan skryf (munisipale werknemer sal beskikbaar wees gedurende normale kantoor ure by bovermelde adres om modelinge besware te transkribeer), by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by bovermelde adres / e- pos adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 15 OKTOBER 2026 AARD VAN AANSOEK: Ek/ons, Nicolaas Johannes Blignaut (ID: 681211 5030 08 4) en/of C.E. Muller (ID: 910128 0077 08 9) and/or Welwyn Town and Regional Planning BK (Reg. No.:1998/005829/23), synde die gemagtigde agent(e) en stadsbeplanner(s) van die eienaar, doen aansoek by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit in terme van Artikel 62 van die Tlokwe Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Verordening, 2015 saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Verordening, 2013 (Wet 16 van 2013), om die dorpsbeplanningskema wat bekend staan as die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015, te wysig, deur die hersonering van Erf 2832, Potchefstroom Uitbreiding 16 Dorpsgebied, Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie Noord Wes gele te Silverstraat 33, Potchefstroom, vanaf `Residensieel 1` na `Residensieel 4` met bylaag 1937 vir die hoogte om beperk te word tot 3x verdiepings. Die aansoek het ten doel om die toepaslike grondgebruiksregte te bekom om `n nuwe ontwikkeling van 20x eenslaapkamer eenhede te fasiliteer. EIENAAR : Silver 33 (Edms)Bpk (Registrasie Nommer: 2024/701013/07) APPLIKANT : N.J. Blignaut (ID: 681211 5030 08 4) en/of C.E. Muller (ID: 910128 0077 08 9) and/or Welwyn Town and Regional Planning BK (Reg. No.: 1998/005829/23) ADRES : Bezuidenhoutstraat 2, Potchefstroom, 2531 en/of Posbus 20508, Noordbrug, 2522 TEL. NO.&E-POS : 082 562 5590 / potchefstroom@welwyn.co.za MUNISIPALE BESTUURDER: Mnr. K. Kumbe Kennisgewingnommer: 70/2026

Reference Number: KR002478

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button