KR002481

PH222 A – PLAASLIKE OWERHEIDS KENNISGEWINGS JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT AANSOEK VIR TOESTEMMINGSGEBRUIK OP DIE RESTERENDE GEDEELTE VAN HOEWE 36, WILGEBOOM LANDBOUHOEWES, REGISTRASIE AFDELING I.Q., NOORDWES PROVINSIE Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 92(2)(a) van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad Verordeninge op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbeheer, 2015, dat ondergemelde aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en ter insae l gedurende gewone kantoorure in die kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom (epos: pmoretsi@jbmarks.gov.za) of by die ondergenoemde adres van die gemagtigde agent. Enige beswaar/verto moet skriftelik, of mondelings indien nie kan skryf nie, by of tot die Munisipale Bestuurder voor die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto by genoemde adres of na Posbus 113, Potchefstroom, 2520 ingedien of gerig word, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die gronde van die beswaar/verto, die beswaarmaker se eiendombeskrywing, telefoon nommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 17 OKTOBER 2026 AARD VAN DIE AANSOEK Ek, Jaun Hester Smith van Towntactix (Eiendomsbeperk) (Reg nr 2023/112818/07), synde die gemagtigde agent van die eienaar, het by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen in terme van Artikel 76(1) van Hoofstuk 5 van die Tlokwe Stadsraad Verordeninge op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2015, saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013) vir Spesiale Toestemmingsgebruik om n Huis Winkel/Afgemene Handelaars Winkel op die Resterende Gedeelte van Hoewe 36, Wilgeboom Landbouhoewes, Registrasie Afdeling I.Q., Noordwes Provinsie, op te rig. Die eiendom is gele op die hoek van Wilge Straat en Pad P89. (2646`06.61` S and 2707`21.65` E). Die eienaar is van voorneme om `n Huis Winkel/Algemene Handelaars Winkel op die eiendom op te rig. Eienaar: Mnr Hendrik Johannes De Beer Adres van Gemagtidge Agent: Towntactix (Eiendomsbeperk), 82 Kingfisher Straat, Tuscany Ridge Estate, Potchefstroom, 2531. Posbus 1614, Carletonville, 2500. Tel: 083 648 7614, e-pos: jaun@towntactix.co.za Munisipale Bestuurder: K. Kumbe

Reference Number: KR002481

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button