MK000486

MOGALAKWENA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KENNISGEWING VAN `n HERSONERINGAANSOEK INGEVOLGE ARTIKEL 16(1) VAN DIE MOGALAKWENA MUNISIPALITEIT GRONDGEBRUIKBESTUURVERORDENING, 2016, WYSIGINGSKEMA No. 224 Ek, Louis Michael Nel Professionele Landmeter, synde die gemagtigde agent van die geregistreerde eienaar van Gedeelte 1 van Erf 258 van die dorp Piet Potgietersrust ook bekend as Ruiterweg 39, Mokopane Sentraal, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 16(1)(f) van die Mogalakwena Munisipaliteit Grondgebruikbestuur Bywet, 2016, dat ek aansoek gedoen het by die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit om die wysiging van die Mogalakwena Grondgebruikbestuurskema, 2008, vir hersonering van die bogenoemde erf vanaf Residensieel 1 na Besigheid 1 vir besigheidsdoeleindes.
Besonderhede van die aansoek l ter insae vir `n tydperk van 30 dae vanaf 16 April 2026 gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Beplannings- en Ontwikkelingsdienste van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit.
Enige besware of kommentaar, insluitend redes vir sulke besware of kommentaar met volledige kontakbesonderhede, moet skriftelik ingedien word by: Beplanning- en Ontwikkelingsdienste, Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit of gestuur word aan thokal@mogalakwena.gov.za. Tydperk waartydens besware of kommentaar ingedien kan word strek vanaf 16 April 2026 tot 18 May 2026. Datum van publikasie van eerste kennisgewing in die Bosveldkoerant en Limpopoprovinsie Provinsiale Koerant is 16 April 2026.
Adres van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit: Departement van Beplanning- en Ontwikkelingsdienste, Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, Tweede Vloer Burgersentrum, Retiefstraat 54, Mokopane.
Adres van aansoeker: Louis Nel Professionele Landmeter, HF Verwoerd Straat 26, Chroompark, Mokopane. Selfoon: 060 632 8708. E-pos: nelx5@lantic.net

Reference Number: MK000486

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button