MK000588
BA-PHALABORWA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT WYSIGINGSKEMA 67 KENNISGEWING VAN AANSOEK OM DIE WYSIGING VAN DIE BA-PHALABORWA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT (BPPM) GRONDGEBRUIK SKEMA VAN 2020 EN OPHEFFING VAN BEPERKENDE TITELVOORWAARDES INGEVOLGE ARTIKELS 57 & 58 VAN DIE BPPM SPLUMA BY-WETTE VAN 2016
Ons, Willem Johannes Jacobsz en/of Thomas Jacobus Hitge van Omniplan CC Stadsbeplanners, synde die gemagtigde agente van die geregistreerde eienaars van Gedeelte 33 van die plaas Henley 734-LT gee hiermee ingevolge Artikels 57, 58 & 86(2)(a) van die BPPM SPLUMA By-Wette, kennis dat ons by die BPPM aansoek gedoen het vir die wysiging van die BPPM Grondgebruik Skema van 2020 en die opheffing van beperkende voorwaardes B.(a), (b) en (c) in Titelakte T11164/2018 deur die hersonering van `n deel (5 500m) van die bogenoemde eiendom vanaf `Landbou` na `Spesiaal` om *`n reeks aanvullende grondgebruike toe te laat, insluitend sportfasiliteite, `n restaurant en `n kroeg, `n funksiesaal, `n drankwinkel, `n karwas en `n padstal, met Bylae 202 wat die ontwikkeling voorwaardes saamvat. Besonderhede van die aansoek l ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantore van die applikant sowel as die Munisipale Bestuurder, munisipale kantore, Phalaborwa, vir `n tydperk van 30 kalenderdae vanaf 18 September 2026 (die datum van eerste publikasie van hierdie kennisgewing). Besware teen of verto ten opsigte van die aansoek moet skriftelik binne 30 kalenderdae vanaf 18 September 2026 gerig word aan die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Privaatsak X01020, Phalaborwa, 1390, deur die verwysing na die bostaande opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die gronde/redes vir die beswaar, die beswaarmaker se eiendomsbeskrywing, telefoonnommer en adres. Enige persoon wat nie kan skryf nie mag gedurende kantoorure die bovermelde Munisipaliteit besoek en hulp versoek om sy/haar besware, kommentare of voorstelle op skrif te stel. Kontak persoon:
Me. Ntwanano Shikwambana
(082 389 0060)
Adres van Agent:
Omniplan CC,
Posbus 2071,
Tzaneen,
0850,
Tel. 015 307 1041,
Sel: 065 894 9186
Verw. J542
Reference Number: MK000588