SA002674

POLOKWANE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KENNISGEWING VAN `N SPESIALE TOESTEMMING AANSOEK INGEVOLGE ARTIKEL 73 VAN DIE POLOKWANE MUNISPALE BEPLANNINGS BY-WET, 2017 (SOOS GEWYSIG 2025) GELEES SAAM MET KLOUSULE 36 VAN DIE POLOKWANE GENTEGREERDE GRONDGEBRUIKSKEMA, 2022 Ek, Marco Nolte van Natura Professional Planners (Edms) Bpk, synde die aansoeker en gemagtigde agent van die eienaar van die eiendom, Gedeelte 3 van Hoewe 145 Ivydale LH Uitbreiding 2, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 95 (1)(a) van die Polokwane Munisipale Beplannings By-Wet, 2017 (soos Gewysig 2025), dat ek/ons het aansoek gedoen by Polokwane Munisipaliteit vir `n Spesiale Toestemming aansoek ingevolge Klousule 36 van die Polokwane Gentegreerde Grondgebruik Skema, 2022 saamgelees met Artikel 73 van die Polokwane Munisipale Beplannings By- Wet, 2017 (soos Gewysig 2025), van die eiendom soos hierbo beskryf. Die eiendom is gele: Plot 145 Ivydale is in Lawton Straat in Ivydale/Ivy Park area (2355`36.94″S 2926`28.36″E). Die sonering is `Landbou` en die aansoek is vir `n Plek van Godsdiens. Die voorneme van die aansoeker is om `n Kerk te ontwikkel op die eiendom. Enige besware of kommentare, insluitend die gronde daarvan met volledige kontakbesonderhede, moet ingedien word by, of skriftelik gerig word aan: Bestuurder: Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur, Polokwane Munisipaliteit, Posbus 111, Polokwane, 0700 vanaf 15 April 2026 tot 14 Mei 2026. Enige persoon wat nie kan skryf of lees nie, kan gedurende kantoorure die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bywoon, waar `n amptenaar daardie persoon sal bystaan om `n kommentaar in te dien. Volledige besonderhede kan gedurende kantoorure by die Munisipale kantore soos hieronder uiteengesit besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van eerste publikasie van die kennisgewing in die Polokwane Review koerant. Adres van Munisipale kantore: Hk van Landros Mare- en Bodensteinstraat, Burgersentrum, 0699. Sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentare is 14 Mei 2026. Adres van applikant:
Limassolstraat 02
Ismini Kantoorpark
Polokwane
0699 Tel nr.: 074-544-5544
Datums waarop
kennisgewing
gepubliseer sal word:
15 en 22 April 2026.

Reference Number: SA002674

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button