SA002714
PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING MOGALAKWENA MUNISIPALITEIT SPESIALE TOESTEMMINGSANSOEK
KENNISGEWING VAN `N SPESIALE TOESTEMMINGSANSOEK VIR `N KONFERENSIELOKAAL BY MOUNT GRACE, OP DIE RESTANT VAN GEDEELTE 19 VAN DIE PLAAS AMATAVA 41-KS, LIMPOPO INGEVOLGE ARTIKEL 16 (1) VAN DIE MOGALAKWENA VERORDENING OP GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2016 Ek, Phillipus Albertus du Plessis, synde die applikant en gemagtigde agent van die eiendomsowner van die Restant van Gedeelte 19 van die Plaas Amatava 41-KS (Mount Grace), gee hiermee ingevolge Artikel 16(1)(f) van die Mogalakwena Munisipaliteit se Verordening op Grondgebruikbestuur, 2016, kennis dat ek by die Mogalakwena Munisipaliteit aansoek gedoen het vir Spesiale Toestemming ingevolge Artikel 16(1) van die genoemde Verordening, gelees tesame met die bepalings van die Mogalakwena Grondgebruikskema, 2008. Die doel van die aansoek is om Spesiale Toestemming te verkry om `n Konferensielokaal op die bogenoemde eiendom te bedryf. Enige beswaar(e) en/of kommentaar (e), insluitend die gronde vir sodanige beswaar(e) en/of kommentaar(e) met volledige kontakbesonderhede (waarsonder die Munisipaliteit nie kan korrespondeer met die persoon of liggaam wat die beswaar en/of kommentaar indien nie), moet ingedien word by, of skriftelik gerig word aan: Die Bestuurder: Beplanning en Ontwikkeling, Posbus 34, Mokopane, 0600, of per e-pos aan die Stadsbeplanningsdepartement gestuur word via: mashothal@ mogalakwena.gov.za en thokal@
mogalakwena.gov.za. Volledige besonderhede en planne kan gedurende gewone kantoorure by die Munisipale kantore, soos hieronder uiteengesit, besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van eerste publikasie van hierdie kennisgewing. Die 28-dae kennisgewingtydperk is vanaf 30 Mei 2026 tot 27 Junie 2026. Die sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentare is 27 Junie 2026. Enige persoon wat nie kan lees oder skryf nie kan, gedurende kantoorure, die Kantoor van die Munisipale Bestuurder besoek, waar `n munisipale amptenaar daardie persoon sal bystaan om hul kommentaar of beswaar neer te skryf en in te dien. Adres van
Munisipale Kantore:
Retiefstraat 54
Mokopane
0601
Besonderhede
van Applikant: P. A. du Plessis
Park Straat 9 Chroompark Mokopane.
Sel: 082 463 2604. E- pos:
altus01@gmail.com.
Datums van Publikasie:
30 Mei 2026
en 5 Junie 2026.
Reference Number: SA002714