SA002721

KENNISGEWING KRAGENS ARTIKEL 16(1)(F)(II) VAN DIE MOGALAKWENA SPLUMAVERORDENINGS, 2016 Ons, Future Focus Planning Consultants (Pty) Ltd, as die gemagtigde agent van die geregistreerde eienaar van Erf 493/1 by Rabe Straat 88, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 16(1)(f)(ii) van die Mogalakwena SPLUMA Verordeninge, 2016, dat `n aansoek ingedien is by die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit vir die hersonering van die eiendom van `Residential 1` na `Spesiaal` ingevolge die Mogalakwena Grondgebruikbestuurskema (LUMS), 2008, met die doel om die ontwikkeling en bedryf van `n skoonheidssalon en algemene praktyk op die eiendom toe te laat. Besonderhede van die aansoek sal gedurende normale kantoorure ter insae l by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Retief Straat 54, Mokopane, vir `n periode van dertig (30) kalenderdae vanaf 29 Mei 2026 (datum van eerste publikasie van die kennisgewing) en 05 June 2026 (datum van tweede publikasie). Enige beswaar teen of verteenwoordiging met betrekking tot die aansoek moet skriftelik bydie Munisipale Bestuurder ingedien word by die bogemelde adres of afgelewer word aan Posbus 34, Mokopane, 0600, binne dertig (30) kalenderdae vanaf 29 Mei 2026. Sodanige beswaar of verteenwoordiging moet duidelik die opskrif van die aansoek aandui, die beswaarmaker se belang in die saak, die redes vir die beswaar of verteenwoordiging, die beswaarmaker se eiendomsbeskrywing, sowel as vol kontakbesonderhede insluitend `n fisiese adres en telefoonnommer. Enige persoon wat nie kan skryf nie, kan gedurende normale kantoorure die bogemelde munisipale kantore besoek waar hulp verleen sal word om sodanige persoon se besware, kommentare, of verteenwoordiging neer te skryf. Kontakpersoon: Me Thoka
E- posadres: thokal@
mogalakwena.gov.za

Reference Number: SA002721

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button