SA002763
POLOKWANE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KENNISGEWING VAN `N GELYKTYDIGE AANSOEK VIR DIE UITSLUITING VAN HOEWE 152 DALMADA AH EN `N SPESIALE TOESTEMMINGSAANSOEK VIR `N LODGE MET ONDERGESKIKTE FASILITEITE/GEBRUIKE INGEVOLGE ARTIKELS 73 EN 173 VAN DIE POLOKWANE MUNISIPALE BEPLANNINGS BY-WET, 2017 (SOOS GEWYSIG 2025) SAAMGELEES MET DIE BEPALINGS VAN DIE LANDBOUEHOEWEES (TRANSVAAL) REGISTRASIE WET, WET 22 VAN 1919, SOWEL AS KLOUSULE 36 VAN DIE POLOKWANE GENTEGREERDE GRONDGEBRUIKSSKEMA, 2022 Ek/ons, Marco Nolte van Natura Professional Planners (Edms) Bpk, synde die aansoeker en gemagtigde agent van die eienaar van die eiendom, Gedeelte 152 Dalmada AH, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 95 van die Polokwane Munisipale Beplannings By-Wet, 2017 (soos Gewysig 2025), dat ons by Polokwane Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die Uitsluiting van Hoewe 152 Dalmada AH en `n Spesiale Toestemmings aansoek vir `n Lodge met Ondergeskikte Fasiliteite/Gebruike ingevolge Artikels 73 en 173 van die Polokwane Munisipale Beplannings By-Wet, 2017 (Soos Gewysig 2025) saamgelees met die bepalings van die Wet op die Registrasie van Landbouhoewes (Transvaal), Wet 22 van 1919, sowel as Klousule 36 van die Polokwane Gentegreerde Grondgebruikskema, 2022. Die eiendom is gele te Plot 152 Dalmada, in Derde Laan in Dalmada. Dit is ongeveer 1.38 km Noord van die Dalmada Vulstasie gele (2353`04.01″S 2932`04.30″E). Die doel van hierdie aansoek is om die eiendom permanent van die landbouhoewes register uit te sluit, asook om `n Lodge te ontwikkel met die ondergeskikte gebruike soos uiteengesit in Bylaag 137 en onderhewig aan voorwaardes in Bylaag 137. Enige besware of kommentare, insluitend die gronde daarvan met volledige kontakbesonderhede, moet ingedien word by, of skriftelik gerig word aan: Bestuurder: Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur, Polokwane Munisipaliteit, Posbus 111, Polokwane, 0700 vanaf 19 Augustus 2026 tot 17 September 2026. Enige persoon wat nie kan skryf of lees nie, kan gedurende kantoorure die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bywoon, waar `n amptenaar daardie persoon sal bystaan om `n kommentaar in te dien. Volledige besonderhede kan gedurende kantoorure by die Munisipale kantore soos hieronder uiteengesit besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van eerste publikasie van die kennisgewing in die Polokwane Review koerant. Adres van Munisipale kantore: Hk van Landros Mare- en Bodensteinstraat, Burgersentrum, 0699. Sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentare is 17 September 2026. Adres van applikant:
Limassolstraat 02
Ismini Kantoorpark
Polokwane 0699
Tel nr.:
074-544- 5544
Datums waarop
kennisgewing
gepubliseer sal word:
19 en 26 Augustus 2026
Reference Number: SA002763