SC000239
KENNISGEWING STEVE TSHWETE WYSIGINGSKEMA 237 BYLAAG A245 KENNISGEWING VAN DIE AANSOEK OM DIE WYSIGING VAN DIE STEVE TSHWETE GRONDGEBRUIKSKEMA, 2019, INGEVOLGE ARTIKELS 62 (1) EN 94(1)(A) VAN DIE STEVE TSHWETE RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGE- BRUIKSBESTUURSVERORDEN- ING, 2016 Ek, Jaco Peter le Roux
(Pr Pln 1467/2011), van Afriplan BK (1994/029217/23) synde die gemagtigde agent van die eienaars van die voorgestelde Gedeelte A, `n onderverdeelde gedeelte van die Resterende Gedeelte van Erf 62, Kranspoort Vakansiedorp, (Middelburg distrik) gee hiermee ingevolge Artikel 94(1)(a)) van die Steve Tshwete Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiks- bestuursverordening, 2016, kennis dat ons by Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die wysiging van die Steve Tshwete Grondgebruikskema, 2019, deur die hersonering van die eiendom, gele aangrensend tot Gedeelte 17 van Erf 62, Kranspoort Vakansiedorp vanaf “Privaat Oop Ruimte” na “Residensieel Sone 1” . Besonderhede van die aansoek l ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, Munisipale gebou, Wandererslaan, Middelburg, 1050, vir `n tydperk van 30 dae vanaf 7 Augustus 2026 (laaste datum vir kommentare 7 September 2026). Enige persoon wat nie kan skryf nie sal tydens kantoor-ure deur `n amptenaar by die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bygestaan word om kommentaar in te dien. Besware of verto ten opsigte van die aansoek moet binne `n tydperk van 30 dae vanaf 7 Augustus 2026, skriftelik by of tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 14, Middelburg, 1050, ingedien of gerig word. Besonderhede van die agent: Afriplan CC, John Magagulastraat 14, Middelburg 1050. Tel: 013 282 8035. E- pos: jaco@afriplan.com / vicky@afriplan.com
Reference Number: SC000239