SC000375
KENNISGEWING STEVE TSHWETE WYSIGINGSKEMA 258, BYLAAG A234 KENNISGEWING VAN DIE AANSOEK OM DIE WYSIGING VAN DIE STEVE TSHWETE GRONDGE- BRUIKSKEMA, 2019, INGEVOLGE ARTIKELS 62(1), 63 EN 94(1)(A) VAN DIE STEVE TSHWETE RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBE- STUURSVERORDENING, 2016 Ek, Jaco Peter le Roux (Pr Pln 1467/2011), van Afriplan BK (1994/029217/23) synde die gemagtigde agent van die eienaar van die Resterende Gedeelte van Gedeelte 15 van die plaas Rietfontein 314-JS, distrik Middelburg gee hiermee ingevolge Artikel 94(1)(a) van die Steve Tshwete Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiks- bestuursverordening, 2016, kennis dat ons by Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die wysiging van die Steve Tshwete Grondgebruikskema, 2019, deur die hersonering van die voorgestelde huurareas (Gedeelte A: 4.38ha en Gedeelte B: 0.70ha) op die Resterende Gedeelte van Gedeelte 15 van die plaas Rietfontein 314-JS, gelee ongeveer 9.25km suidwes van die Middelburg dorpskern en verdeel deur die N4 Nasionale Hoofweg, vanaf “Landbou Sone” na “Industrieel Sone 2”; met Bylaag A234 vir `n plofstofmagasyn en verwante mynondersteuningsinfra- struktuur en produkte (stoor/pakhuis). Besonderhede van die aansoek le ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, Munisipale gebou, Wandererslaan, Middelburg, 1050, vir `n tydperk van 30 dae vanaf 18 September 2026 (laaste datum vir kommentare 19 Oktober 2026). Enige persoon wat nie kan skryf nie sal tydens kantoor-ure deur `n amptenaar by die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bygestaan word om kommentaar in te dien. Besware of vertoe ten opsigte van die aansoek moet binne `n tydperk van 30 dae vanaf 18 September 2026, skriftelik by of tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 14, Middelburg, 1050, ingedien of gerig word. Besonderhede van die agent: Afriplan CC, John Magagulastraat 14, Middelburg 1050. Tel: 013 282 8035. E-pos: jaco@afriplan.com/vicky@afriplan.com
Reference Number: SC000375