TA017358
KENNISGEWING Ons, Indurain Urban Planners (Edms) Bpk, het `n grondontwikkel-
ingsaansoek ingedien ingevolge die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit se Ruimtelike Beplanning en
Grondgebruiksbestuurs Bywet, 2016, en die Msukaligwa Grondgebruikskema, 2021, vir die onderverdeling van Gedeelte 2 van die Plaas Tafelkop 270 IS in twee gedeeltes, met die daaropvolgende skriftelike toestemming vir `n “Hernubare Energie”- grondgebruik op een van die onderverdeelde gedeeltes. Die eiendom is 18.5 km wes-noordwes van Ermelo SSK gele by die volgende kordinate: 2627`15.8″S 2948`51.9″O.
Die doel van die aansoek is om die ontwikkeling van `n elektriese substasie op `n gedeelte van die betrokke eiendom te fasiliteer wat deel sal vorm van die voorgestelde Phefumula Emoyeni Hernubare Energiefasiliteit. `n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is beskikbaar vir besigtiging gedurende normale kantoorure by die Kantoor van die Direkteur van Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling, h/v Taute- en Kerkstraat, Msukaligwa Munisipale Kantore, Ermelo, 2350, wat gekontak kan word by die volgende kontaknommer:
017- 801-3487. Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, met betrekking tot die aansoek, moet in die voorgeskrewe formaat by die Munisipale Bestuurder, Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit, Posbus 48 Ermelo, 2350, ingedien word, of by die kantoor van die Stadsbeplanner soos hierbo aangedui afgelewer
word, teen nie later nie as
7 September 2026. Die formaat waarin kommentaar of besware ingedien kan word, is beskikbaar by die kantoor van die Stadsbeplanner by die bogenoemde adres. Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende kantoorure met enige personeellid van die kantoor van die Senior Stadsbeplanner konsulteer, en hulp sal verleen word om daardie persoon se besware of kommentaar te transkribeer. Kontakbesonderhede van die Aansoeker:
Naam: Indurain Urban Planners (Edms.) Bpk
Fisiese adres: Eenheid B4, De Blok Kantoorpark, Ferreira Straat 102, Nelspruit, 1200
Telefoonnommer: 013-854-0111
E-posadres:
jandri@indurain.co.za
Reference Number: TA017358