TA017364
KENNISGEWING VAN GRONDONTWIK-
KELINGSAANSOEK
Ons, Indurain Urban Planners (Edms.) Bpk., het `n grond-
ontwikkelingsaansoek
(AM/26/00439) by die Stad van Mbombela Plaaslike Munisipaliteit ingedien ingevolge die Mbombela Grondgebruikskema, 2019, en die Mbombela Bywet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019, vir die hersonering van Erf 77, Rocky Drift Uitbreiding 3, vanaf `Industrieel` vir `n Gesondheidsorg-risiko-afval-oordragstasie en ondergeskikte gebruike na `Industriel` vir Grootmaatkleinhandel, Industrieel, Laboratorium, Hinderlike Nywerheid, Dienskleinhandel, Pakhuise en Verpakking, en/of Groothandel. Die betrokke eiendom is gele te Wilkenstraat 36, Rocky Drift, Mbombela, 1240, by die volgende kordinate: 2522`58.8″S 3059`33.0″E.
Die doel van die aansoek is om die vereiste grondgebruikregte te bekom ten einde die bestaande grondgebruike op die eiendom te formaliseer en om die ontwikkelingsregte uit te brei. `n Afskrif van die aansoek en stawende dokumentasie is verkrygbaar gedurende gewone kantoorure by die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, wie gekontak kan word op die volgende kontaknommer: 013- 759-2185. Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes daarvoor moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200; of by die Registrasie afdeling van Rekords, Eerste verdieping, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos aan: registry@mbombela.gov.za teen nie later as 5 September 2026 nie. Die formaat vir kommentaar of besware is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf (www.mbombela.gov.za). Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoorure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.
Aansoekers se kontakbesonderhede:
Naam: Indurain Urban Planners (Edms.) Bpk
Fisiese adres: Eenheid B4, De Blok Kantoorpark, Ferreirastraat 102, Nelspruit, 1200
Telefoonnommer: 013-854-0111
E-posadres:
jenna@indurain.co.za
Reference Number: TA017364