TA017378

KENNISGEWING STEVE TSHWETE WYSIGINGSKEMA 256 EN BYLAE A232

KENNISGEWING VAN AANSOEK OM WYSIGING VAN DIE STEVE TSHWETE GRONDGEBRUIK-SKEMA , 2019, IN TERME VAN ARTIKEL 62(1) VAN DIE STEVE TSHWETE VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2016

Ek/ons, Izel van Rooy of Plan Wize Stads- en Streekbeplanners, synde die gemagtigde agent van die geregistreerde eienaars, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 62(1) van die Steve Tshwete Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2016, dat ons by die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het om die wysiging van die Steve Tshwete Grondgebruikskema, 2019, deur die hersonering van `n deel van Gedeelte 196 van die plaas Rondebosch 403- JS en die Resterende Gedeelte van Gedeelte 2 van die plaas Rondebosch 403-JS, gele binne die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, Nkangala Distriksmunisipaliteit, Mpumalanga Provinsie, vanaf `Landbou` na `Nywerheid Sone 4` (Elektriese Substasies en Kragstasie), vir die ontwikkeling van `n Fotovoltaese Sonkragstasie met verwante gebruike, fasiliteite en infrastruktuur, insluitend hernubare energiestrukture soos fotovoltaese sonkragtoerusting, interne en eksterne elektriese netwerkverbindings, paaie, substasies, elektrisiteit-

storingsfasiliteite en aanverwante infrastruktuur, soos aangedui in die konsep Bylae.

Volledige besonderhede en planne sal gedurende gewone kantoorure ter insae l by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Steve Tshwete Plaaslike Owerheid,

H/V Walter Sisilu- en Wandererslane, Middelburg, 1050, Tel: 013-249-7000, vir `n tydperk van 30 dae vanaf

7 Augustus 2026.

Enige beswaar(e) of kommentaar, insluitend die gronde vir sodanige beswaar (e) of kommentaar, tesame met volledige kontakbesonderhede, moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder, Posbus 14, Middelburg, 1050, ingedien word om hul binne 30 dae vanaf 7 Augustus 2026, te bereik.

Aansoeker / Gemagtigde Agent:

Izel van Rooy van Plan Wize Stads- en Streekbeplanners, Unit 2, Benathie Centre, Warmbadlaan, Thabazimbi, 0380, Limpopo,

of 41 Pineweg Heather Park, George, 6529,

Posbus 2445 Thabazimbi, 0380,

Sel: +27 (0)82-449-7626,

Epos: izelvanr@gmail.com

(VERW. NR. T0703A)

Reference Number: TA017378

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button