TA017434
KENNISGEWING VAN OMGEWINGSIMPAKEVALUERINGS- EN OPENBARE DEELNAMEPROSES VIR DIE BEOOGDE PHEFUMULA EMOYENI-EEN ELEKTRIESE KRAGNETINFRASTRUKTUUR, MPUMALANGAPROVINSIE Aansoeker: Phefumula Emoyeni One (Edms.) Bpk. Beoogde aktiwiteit: Die beoogde Phefumula Emoyeni- Een Elektriese Kragnetinfrastruktuurontwikkeling behels `n 400 kV Hooftransmissiesubstasie (HTS), drie verwante oorhoofse kraglyne van hoogstens 132 kV wat die gemagtigde skakelsubstasies met die HTS verbind, asook *`n Inlus-Uitlus- (LILO-) verbinding met die bestaande Camden`Duvha 400 kV transmissielyn. Die beoogde elektriese kragnetinfrastruktuur vorm deel van die groter Phefumula Emoyeni-Een projek en is nodig om die verbinding van die gemagtigde Windkragaanleg met die nasionale kragnet moontlik te maak. Ligging: Die ontwikkeling van die Phefumula Emoyeni-Een Elektriese Kragnetinfrastruktuur is ongeveer 16 km noord van Ermelo in die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit en Gert Sibande Distriksmunisipaliteit, Mpumalangaprovinsie gele. Die projekterrein bestaan uit die onderstaande plaasgedeeltes: Oorspronklike plaasnommerPlaasgedeeltes Plaas 237
•NooitgedachtRestant, 1, 3 & 4 Plaas 248
•Kranspoort4/Restant, 6, 18, 20 & 23 Plaas 249 *` Tweefontein1, 2, 3, 8 & 9 Plaas 250
•Voorzorg Plaas 251
•Nooitgedacht2, 5, 6, 7 & 11 Plaas 270 *` TafelkopRestant, 2, 3, 6 & 7 Plaas 433
•RietvleiRestant/38 Plaas 2711, 4 Plaas 273 2 Aansoek om Omgewingsmagtiging: Aangesien die projek moontlik `n impak op die omgewing kan h, moet *`n aansoek om omgewingsmagtiging (OM) by die nasionale Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) ingedien word. Hierdie aansoek moet gestaaf word deur `n Bestekopname- en Omgewingsimpakevalueringsproses (B&OIE-proses) ingevolge die 2014 OIE-regulasies (Staatskennisgewing R326) van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (Wet 107 van 1998) (NEMA). Verdere inligting betreffende die aansoek is beskikbaar in die Agtergrondinligtingsdokument wat van Savannah Environmental se webwerf afgelaai kan word: https://savannahsa.com/PublicDocuments. Ten einde meer inligting te bekom en om op die projek se databasis te registreer, moet u u naam, kontakinligting en belang by die projek asseblief verstrek aan:
Reference Number: TA017434