TA017508
AANSOEKER: PHEFUMULA EMOYENI ONE (EDMS.) BPK. BEOOGDE AKTIWITEIT: DIE BEOOGDE PHEFUMULA EMOYENI-EEN ELEKTRIESE KRAGNETINFRASTRUKTUURONTWIKKELING BEHELS `N 400 KV HOOFTRANSMISSIESUBSTASIE (HTS), DRIE VERWANTE OORHOOFSE KRAGLYNE VAN HOOGSTENS 132 KV WAT DIE GEMAGTIGDE SKAKELSUBSTASIES MET DIE HTS VERBIND, ASOOK `N INLUS-UITLUS- (LILO-) VERBINDING MET DIE BESTAANDE CAMDEN`DUVHA 400 KV TRANSMISSIELYN. DIE BEOOGDE ELEKTRIESE KRAGNETINFRASTRUKTUUR VORM DEEL VAN DIE GROTER PHEFUMULA EMOYENI-EEN PROJEK EN IS NODIG OM DIE VERBINDING VAN DIE GEMAGTIGDE WINDKRAGAANLEG MET DIE NASIONALE KRAGNET MOONTLIK TE MAAK. LIGGING: DIE ONTWIKKELING VAN DIE PHEFUMULA EMOYENI-EEN ELEKTRIESE KRAGNETINFRASTRUKTUUR IS ONGEVEER 16 KM NOORD VAN ERMELO IN DIE MSUKALIGWA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT EN GERT SIBANDE DISTRIKSMUNISIPALITEIT, MPUMALANGA-PROVINSIE GELE`. DIE PROJEKTERREIN BESTAAN UIT DIE ONDERSTAANDE PLAASGEDEELTES: Oorspronklike plaasnommer Plaasgedeeltes 132kV Kraglyn Plaas 237
•Nooitgedacht RE, 1, 2, 3 & 4 Plaas 248
•Kranspoort 2, 3, 4, RE, 6, 18, 20 & 23 Plaas 249
•Tweefontein 1, 2, 3, 8 & 9 Plaas 250
•Voorzorg
RE Plaas 251
•Nooitgedacht 2, 5, 6, 7 & 11 Plaas 270
•Tafelkop RE, 2, 3, 6 & 7 Plaas 271
•Middelplaat 1, 4 Plaas 273
•Driehoek 2 HTS Plaas 270
•Tafelkop 2 LILO Plaas 270
•Tafelkop 2 Aansoek om Omgewingsmagtiging: Aangesien die projek moontlik `n impak op die omgewing kan h`, moet `n aansoek om omgewingsmagtiging (OM) by die nasionale Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) ingedien word. Hierdie aansoek moet gestaaf word deur `n Bestekopname- en Omgewingsimpakevalueringsproses (B&OIE-proses) ingevolge die 2014 OIE-regulasies (Staatskennisgewing R326) van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (Wet 107 van 1998) (NEMA). Bestekopnameverslag beskikbaar vir insae en kommentaar: Die Bestekopnameverslag is saamgestel en is beskikbaar vir `n 30-dae openbare insaetydperk vanaf 14 September 2026 tot 15 Oktober 2026. Die sperdatum vir geskrewe kommentaar is 15 Oktober 2026. Die Bestekopnameverslag kan van Savannah Environmental se webwerf afgelaai word https://savannahsa.com/PublicDocuments. Verdere inligting betreffende die aansoek is beskikbaar in die Agtergrondinligtingsdokument wat van Savannah Environmental se webwerf afgelaai kan word: https://savannahsa.com/PublicDocuments. Ten einde meer inligting te bekom en om op die projek se databasis te registreer, moet u u naam, kontakinligting en belang by die projek asseblief verstrek aan: Nicolene Venter van Savannah Environmental PostNet Suite 440, Privaatsak X29, Gallo Manor, 2052 Tel: 011 656 3237 Selfoon: 066 282 6913 / 060 978 8396 (ook `Please call me`) E-pos: publicprocess@savannahsa.com Webwerf: https://savannahsa.com/PublicDocuments
Reference Number: TA017508