LettersOpinion

Franchise skep probleme

Wat gaan aan daar by Parkland Kliniek? Die diens is swak en nou maak die arme kiosk ook nog toe om plek te maak vir 'n franchise.

Daai plek bestaan al daar vir 25 jaar, hoekom nou daai mense uit skop?

Waar is die kliniek se lojaliteit? Hulle diens was goed, kos was lekker en die pryse was goed.

Wat gaan jy nou vir ‘n broodjie betaal?

Almal verdien nie ‘n gros geld om duur franchise kos te kan bekostig nie.

Wonder of dit nie weer ‘n omkopery is soos alles nie. Nee, man hoe werk dit?

Los die kiosk waar hy is.

Priscilla Prinsloo

* Ons waardeer die kommer wat die skrywer uitspreek oor die koffiewinkel wat vir amper 24 jaar al deel van die hospitaal is.

Ons het die huidige koffiewinkel eienaars twee jaar gelede van die beplande veranderinge ingelig en hulle onlangs genooi om deel te neem in ‘n onpartydige voorstel proses.

Alle voorstelle is noukeurig en objektief geëvalueer op voorafbepaalde kriteria en is deur ‘n komitee van die verskillende dele van die besigheid verteenwoordig.

Die kriteria is ingestel om te verseker dat die koffiewinkel geskik is vir die aard van die voorgestelde opknappingswerk.

Die suksesvolle franchise se voorstel voldoen aan ons kriteria en pasiënte, besoekers en personeel kan verseker wees van ‘n warm omgewing in die nuut opgeknapte fasiliteit.

Ons is hartseer om totsiens te sê aan die huidige koffiewinkel eienaars en wil hulle bedank vir hul diens, maar ons het nodig om aan te beweeg met die opgradering om aan die verwagtinge van die gemeenskap te voldoen.

Dr Tebogo Mphake

Bestuurder, Parkland Kliniek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button