
Ek wil assblief vir mense wys dat reg en geregtigheid nog bestaan, deur die regte speur maatskappy.
Ek is nou al twee keer ingedoen met ‘n swembad scam. Nie elke mens in die land het daardie bedrag in hulle agtersakke om net so te verloor nie.
Kan nie glo hoe sulke scamsters ‘n mens ‘n myl ver kan sien nie, maar nou ja.
Vanaf 2009 sukkel ek met verskeie privaat speurder maatskappye om die persone op te spoor wat my so ingedoen het. Maar weet jy, al wat belangrik is vir hulle is die geld eerste, dan volg die saak, indien enige iets daarvan kom.
Onlangs het ek na ‘n klein maatskappy in Selection Park gegaan en hulle genader met my saak.
Johan Homan het my saak gehoor en dadelik, ek praat van dadelik, op dieselfde dag al begin met sy tower kunsies. Hy het die volgende dag al soveel inligting gehad, ek kon dit nie glo nie.
Vir hom, en dis wat ek kan aflei, is geregtigheid in Suid-Afrika belangriker as die fooie wat betaal moet word.
Ek wil openlik hiermee Johan Homan en sy span bedank vir hulle professionele dienste. Hou so aan, so gaan julle ver kom.
Ilse Lamprecht



