
Na maande van opgewondenheid is die matriekafskeid van Hoërskool Hugenote om die draai.
Hiermee wil ek baie dankie sê aan almal wat dit moontlik gemaak het vir my dogter, Marzjeane Kruger, ‘n droom matriekafskeid.
Die Springs Adverteerder wat my dogter se droom laat waar word het. Anna Robertson wat al die berigte hanteer het, al het sy amper my dogter se hart laat staan toe sy gehoor het sy het die kompetisie gewen.
Met groot dank en bewondering vir die twee engele van Fantasy Wedding, Inolka en Linda, julle weet hoe om ‘n jong meisie se hart bly te maak en haar te om te tower in ‘n jong dame met jul asemrowende skepping. Linda dankie vir jou geduld, moeite, raad en omgee.
Aan Charl Stander van Princes VW en Audi Springs, dankie vir die afskeid kaartjies, die motor en die chauffeur vir die aand.
Ek weet die fotos gaan ongelooflik mooi wees. Ellen van Shining Lights ken haar storie agter die kamera. Dankie julle sal die spesiale dag vasvang vir ewig.
Baie dankie ook aan Shoe Tech in Palm Springs vir die keuse van skoene, dit het ons ‘n vreeslike gesoek gespaar.
Gwen van Luminosity, baie dankie vir jou geduld en raad met die hare – jong meisies en hare is ‘n groot storie.
Baie dankie ook aan Elsmari Bloemiste vir die geskenkbewys, in ‘n winkel vol pragtige blomme en mooi goedjies was dit ‘n moeilike besluit.
Tannie Elize van Wedding World, ‘n groot opregte dankie vir die borgskap van die metgesel se uitrusting, julle weet hoe om ‘n jongman in ‘n prins te verander.
Dankie aan Pazzaz Nail & Beauty Salon vir die mooimaak proses – naels en grimering rond ‘n uitrusting definitief af.
‘n Baie groot dankie aan al die maats, familie, vriende en elke persoon wat vir haar gestem het om die kompetisie te kon wen, sonder julle SMSe sou die droom nooit waar geword het nie.
Laaste aan my man, dankie vir al jou moeite en ondersteuning, dankie dat jy rotsvas agter ons gestaan het deur die hele matriekjaar.
Dankie jy is ‘n goeie pappa op wie ons vertrou.
Laastens aan my dogter – al kom al die lekker van matriek wees tot ‘n einde, daar lê ‘n hele nuwe grootments wêreld vir jou en wag.
Geniet jou spesiale dag en aand – jy gaan pragtig wees.
Wees veilig en onthou mamma is lief vir jou.
Dankbare moeder,
Elmari Robbetse



