
Ek wil graag die publiek meedeel dat hulle versigtig moet wees om te parkeer op die hoek van Eerstelaan en Tweedestraat, Springs CBD.
Op die middag van 15 November is ek net na 4nm by die winkel op die hoek in.
Intussen is daar by my bakkie ingebreek.
Hul hou jou besig binne in die winkel en dan breek hulle in.
Twee mans staan by die deur en kyk waar die kliënt is terwyl die ander inbreek.
Wat die snaakste is vir my en die polisie, is dat hulle net die selfone uit my handsak gesteel het en nie die hele handsak gevat het nie.
So wees maar net op die uitkyk vir hierdie mense by hierdie winkel.
Marika van Eeden
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



