LettersOpinion

‘Ek is geskok oor die toestand van die toilette’

Ouer skaam hom om te sê sy kinders het aan hierdie skool gematrikuleer

Dit is met skok dat ek lees in welke haglike toestand die toilette by Johan Jurgens Hoërskool is. Maar dit was nie vir my so ‘n groot skok soos die hoof, Mnr Van Wyk, se ‘Pontius Pilatus’-houding nie.

Beide my kinders het aan Johan Jurgens gematrikuleer. As hulle nog op skool was sou ek hulle onmiddellik daar uitgehaal het. As die skoolhoof dink dat hy het al ‘n moeilike ouer gesien, is dit ‘n vulletjie teen wat hy by my sou teëkom. Die toilette is skandalig en dan bak die hoof mooi broodjies. Skokkend.

Die leerlingtal van Johan Jurgens word deur ‘n redelik gegoede gemeenskap gevoed. Hoe is dit op deeske aarde moontlik dat ‘n skool so agteruit kan gaan? En asseblief, moenie my vertel dis die Onderwys Departement se skuld nie. Is daar waaragtig nie een ouer wat skouer aan die wiel kon sit om die toilette reg te maak nie?

Wat ek op die foto kon sien is jare lange verval en laksheid.

Ek is geskok om te sien dat ‘n skool in Springs so agteruitgegaan het. Ek skaam my dat mense moet weet my kinders het aan so ‘n skool gematrikuleer. Iemand moet verantwoordelikheid vat en die skool regruk – dit is in almal se belang.

Kobus Lowies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button