Local newsNews

Rolbal-koning op 13

Uitmuntende prestasie vir Lewies Badenhorst van Laerskool D.F Malherbe.

VANDERBIJLPARK – Lewies Badenhorst is net 13 jaar oud en is onlangs gekroon as die Sedibeng Rolbal Distrikskampioen vir o18-spelers.

Sy oupa het hom touwys in die sport gemaak en hy het in 2022 self begin speel. Vandag is hy deel van die Sasolburg Rolbalklub waar hy saam met sy pa en oupa speel.

“Dis nie ‘n baie populêre spel nie,” sug hy, en voeg by hy het nie eintlik van rolbal gehou toe oupa hom gewys het nie.

Waaraan neem hy deel by die skool? Lewies se oë skitter skielik en hy glimlag van oor tot oor. “Krieket. Ek is ‘n bouler.” Volgende jaar gaan hy Hoërskool Transvalia toe juis omdat hul krieket so goed is.

Tans is hy in Laerskool D.F. Malherbe waar hy deel is van die o13-span. Naas krieket speel hy ook gholf en hou hy van visvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button