News
Emfuleni maak werk van onwettige stortingsterreine
Die munisipaliteit sê hy het begin om onwettige stortingsterreine skoon te maak.
VANDERBIJLPARK – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê sy afvalbestuurspanne het verskeie onwettige stortingsterreine in die munisipale gebied skoongemaak.
In ’n plasing op Facebook sê die munisipaliteit dat sy spanne in verskeie gebiede, insluitend CE4, CW1, CW2 en CW6 in Vanderbijlpark, onwettige stortingsterreine skoongemaak het.
Die munisipaliteit het inwoners intussen versoek om nie onwettig afval te stort nie en om te help om hul gemeenskappe skoon te hou.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
