News
Drie Voorwaarts-atlete vir Vaaldriehoekspan gekies
Dié drie langasems van Laerskool Voorwaarts sal die Vaaldriehoek by die ASA se nasionale landloopkampioenskap by Curro Hazeldean in Pretoria verteenwoordig.
MEYERTON – Handré Pienaar, Kaylie van Heerden en Tiané Bosman van Laerskool Voorwaarts is gekies vir die Vaaldriehoekspan wat op 5 September aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale landloopbyeenkoms by Curro Hazeldean in Pretoria sal deelneem.
Laerskool Voorwaarts het in ‘n plasing op Facebook gesê hy is trots op die drie atlete en wens hulle baie voorspoed toe vir byeenkoms.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!