Lion Jays se Cowboys don’t settle down
Lion Jay het vandag sy nuwe enkelsnit, Cowboys don't settle down vrygestel. Beloof om weer 'n treffer te wees
VEREENIGING – Lion Jay het al menige treffers die lig laat sien. Hy is bekend en gevestig as een van die land se top country-kunstenaars.
Sy nuwe lied, Cowboys don’t settle down, is van vandag beskikbaar op sosiale platforms.
Volgens hom spruit die inspirasie vir die lied uit sy passie vir perde, die weste en die treffereeks Yellowstone.
“Ek het die lied in 2023 geskryf, en dit was Yellowstone-tyd in daardie dae,” vertel hy. Die lied gaan oor die lewe van ‘n Cowboy en hoe mens soms keuses moet maak…
Die lied is met die hulp van Hennie Ungerer (produksie ingenieur), warm ritme gegee en vasgevang vir al die Country aanhangers.
Lion Jay is ook genomineer vir verskeie toekennings by hierdie jaar se SA Country Music Association and Foundation (SACMAF)-toekennings. Hy is die eregas van die aand. Dan kompeteer hy teen homself in die Best Duo afdeling. Hy is in dié afdeling benoem saam met Myrna, Colin Dee en Alan Garrity.
