Vaalweekblad skitter by nasionale prysuitdeling
Vaalweekblad het die algehele derde plek in die Koerant van die Jaar-kategorie behaal, asook die negende plek vir Beste Agterblad.
Meer as 600 inskrywings in 17 kategorieë is vir die AVBOB FCJ Excellence Awards vir 2025 ontvang, wat die gehalte van joernalistiek weerspieël wat deur gemeenskapskoerante landwyd gelewer word.
‘n Verdere 45 inskrywings is in die kategorie vir koerante van die jaar ingedien.
Die prysuitdeling is op 21 Augustus by die spoggerige The Capital-hotel in Pretoria gehou.
Individueel het die joernaliste ook toekennings en Top 10-plekke huistoe gebring.
Christiaan Cloete het die eerte plek behaal in die Digitale Beriggewing-afdeling, asook ‘n tweede plek vir Sport-skryfwerk.
Hy was ook onder die Top 10 vir:
Sport-fotografie – 5de
Algemene-fotografie – 5de
Nuus-fotografie – 6de
Hier is van Christiaan se foto’s.





Ettienne van Rensburg is ook met vele toekennings vereer.
Hy het die tweede plek behaal vir Algemene-fotografie, die tweede plek vir Sport-fotografie en die tweede plek vir Nuus-fotografie.
Hy was ook onder die Top 10 vir:
Sport-skryfwerk – 4de.
Hier is van Ettienne se foto’s.






Elsje Vermeulen (redakteur van Vaalweekblad) het die toekenning namens die koerant in ontvangs geneem vir die derde plek in Koerant van die Jaar.
Sy was ook onder die Top 10 vir:
Sport-fotografie – 4de
Algemene-fotografie – 6de
Opskrif-skryfwerk – 6de
Hier is van Elsje se foto’s.





Sifiso Jimta het die sewende plek in Algemene-fotografie behaal.
“Vanjaar se kompetisie weerspieël ‘n gesonde en ontwikkelende gemeenskapskoerantsektor. Die beoordelingspaneel wens al die joernaliste wat ingeskryf het geluk, en hoop dat die terugvoer wat hulle ontvang, hulle sal aanspoor tot selfs groter uitnemendheid in die jare vorentoe,” het dr. André Gouws van Akademia, wat die beoordelingsproses behartig het, gesê.
Hier is van Sifiso se Algemene-foto’s.



