AdvertorialNews

Makro-jeugbyeenkoms in Vereeniging

Wat in ander streke reeds duisende jongmense bereik het, kom nou na die Vaaldriehoek.

VEREENIGING – Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Vaaldriehoek staan jeugleiers, skole en kerke saam om gereed te maak vir die makro-jeugbyeenkoms Godly Revolution op eie bodem.

Dit vind Vrydagaand, 4 September, by Delta Gemeenskapskerk plaas van 17:30 tot 20:30.

Die doel van die jeugbyeenkoms is om hoop te bring, genesing te bedien en ’n aand van lofprysing en aanbidding saam met sowat 1 000 ander jongmense uit drie provinsies (Gauteng, Noordwes en die Vrystaat) te geniet.

Die boodskap van die byeenkoms is duidelik – Jesaja 61: “Om goeie nuus, heelmaking en vryheid te bring.”

Die byeenkoms word beskou as ’n belangrike mylpaal vir jeugbediening in die streek, juis omdat dit deur plaaslike kerke en gemeenskapsleiers gedra word.

Skoolbesoek HS Overvaal in Vereeniging.

Kerke wat reeds hul steun gegee het en verteenwoordig sal wees, sluit in:

Delta Gemeenskapskerk, River of Life, LCF, Kompas Gemeente, MCC, AGS Duncanville, NG Arconpark, Driehoek, plaaslike VCSV-takke en vele meer.

“Hierdie is nie net ’n konsert nie. Dit is ’n beweging,” het die Godly Revolution-span gesê.

“Ons glo God gaan die Vaal op ’n nuwe manier besoek en dat die eenheid onder die jeug ’n permanente impak op generasies vorentoe sal maak.”

Goeie aanvoerwerk is reeds in skole gedoen met die Jesus-trok. Die koeël is deur die kerk. Skole is bereik.

Op 17 Augustus het die Godly Revolution-span met hul opvallende “Jesus-trok” vier hoërskole besoek: Gimmies Hoërskool, Overvaal Hoërskool, Driehoek Hoërskool en Transvalia Hoërskool.

Meer as 3 000 leerders is met die goeie nuus bereik en daar heers groot opwinding onder die jongmense.
“Die kinders was opgewonde en het met oorgawe deelgeneem,” het ’n spanlid gesê.

“Ons het gesien hoe daar ’n honger in ons skole is vir iets werkliks en vir God se liefde.”

Die impak van hierdie skoolbesoeke was oorweldigend positief en baie leerders kan nie wag vir 4 September nie.

Leerders by HS Driehoek het die sessie tydens hul pouse kom bywoon.

Wat om te verwag by Godly Revolution

Volgens die organiseerder, mnr. Erich Posthumus van die Goeie Nuus Fabriek-opheffingsmaatskappy, beloof die aand energieke lofprysing, kragtige getuienisse en lewensveranderende oomblikke met This Kingdom Band, Henrico en Anja, King D en ’n spesiale getuienis deur Koben Hofmeyr.

Die organiseerders noem dit “by verre die beste manier om Lentedag te vier” en nooi alle kerke, skole, ouers en jongmense uit om deel van hierdie historiese fees te wees.

Hekke open reeds om 15:00 vir die publiek, waartydens daar kosstalletjies, memorabilia en ’n interaktiewe buiteprogram sal wees.

Wees gereed! Daar is ’n blitsuitverkoping op 30 en 31 Augustus met 25% afslag op die eerste 100 kaartjies. Skandeer die QR-kode om direk na die besprekingsblad op Quicket te gaan.

Kaartjies

Kaartjies is beskikbaar op www.quicket.co.za.

Navrae 

erich20@absamail.co.za

Besoek gerus hul webblad vir meer inligting: www.godlyrevolution.co.za

Spesiale dank aan Vaalmedia vir die foto’s en videomateriaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button