News

Vermiste dominee se liggaam gevind

Polisieduikers het Vrydag die tragiese ontdekking gemaak.

VEREENIGING – Die liggaam van die vermiste ds. Hennie Louw (56) is Vrydag tydens ’n hervatte soektog in die omgewing van die R59-brug oor die Vaalrivier gevind.

Betroubare bronne na aan die soektog het die nuus aan Vaalweekblad bevestig.

Die omgewing waar Louw se lyk Vrydag deur polisieduikers gevind is. Foto: Verskaf

Louw het vermis geraak nadat hy Dinsdagoggend, 25 Augustus, sy seun omstreeks 07:00 by die skool afgelaai het.

Sy voertuig is later dieselfde oggend verlate op die R59-brug tussen Vereeniging en Sasolburg gevind.

Polisieduikers en ander rolspelers het sedert Dinsdag na hom gesoek. Die duikers het Vrydag na die gebied teruggekeer en sy liggaam gevind.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Verdere besonderhede word afgewag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button