Verskeie inwoners het nie die kans deur hul vingers laat glip om 'n geliefde se graf netjies te maak nie. Foto: Elsje Vermeulen
VANDERBIJLPARK – AfriForum het dit die afgelope Sondag vir inwoners moontlik gemaak om hul geliefdes se grafte by die Vanderbijlpark-begraafplaas in veilige omstandighede te besoek.
AfriForum-patrolleerders het die begraafplaas tussen 11:00 en 14:00 op hul motorfietse en in voertuie gepatrolleer.
Verskeie inwoners het van dié geleentheid gebruik gemaak om hul familie/geliefdes se grafte skoon te maak en op te knap.
Hoewel die begraafplaas self soos verwag in ‘n chaotiese toestand is, lyk talle grafte ná Sondag se aksie weer netjies en versorg.
Vaalweekblad bedank AfriForum namens die gemeenskap vir hul onbaatsigtige diens.
‘n Fotobeeld van hoe dit tans by die begraafplaas lyk – Foto’s: Elsje Vermeulen
Dit bly ‘n bitter pil om die begraafplaas in so ‘n gehawende toestand te sien.
Daar word geen instandhouding gedoen nie.
Die gras staan op sommige plekke hoog tussen die grafte.
Christiaan Fourie van Vanderbijlpark is hier besig om sy oorlede pa se graf mooi te maak.
Tussen sommige van die grafte is daar rommel verstrooi.
Danie Bothma was een van AfriForum se vrywilligers wat Sondag aan diens was.
AfriForum se voertuie en lede was Sondag oral sigbaar by die Vanderbijlpark-begraafplaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]