Local newsNews
Onder o9’s geniet krieket in Bethlehem
Baie geluk aan Vaalpark Primêr se o9A-span met 'n puik vertoning in Bethlehem.
VAALPARK – Vaalpark Primêr se o9A-krieketspan het die naweek aan die Perfect Corner- kriekettoernooi deelgeneem. Die toernooi is in Bethlehem gehou.
Die span het vyf wedstryde gespeel waarvan hul drie gewen het. Dit het hul ‘n derde plek in die toernooi besord.
Vaalpark Primêr het gesê die skool is baie trots op die span. “Ons wil graag ons borg, Filon Projects (PTY) Ltd bedank vir die pragtige klere waarin die seuns die naweek gespeel het. Die bydrae word opreg waardeer.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!