Local newsNews

Warm Lente Dag agter die gasbraaiers

Ons Winkel in Vanderbijlpark. Die een naby Transvalia, het Lente Dag gehou met boereworsrolle en kolwyntjies om hul groter winkel te vier.

VANDERBIJLPARK – Die Streeksorganiseerder: Vaaldriehoek van Solidariteit Helpende Hand, Mariëtte van de Werken en die Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak was Lentedag van vroeg die oggend bedrywig by Ons Winkel in SW5.  

Trots op hul groter winkel, twee van Ons Winkel se personeel, Anna Hande en Ina Combrink. Foto: Gerda Bruinette

Dié Ons Winkel is groter gemaak en 1 September kon man en muis weer daar gaan inloer en boonop met ʼn soetigheidjie bederf word. Buite het die geur van gebraaide uie en wors die lug gevul. Daar is worsbroodjies verkoop ten bate van Solidariteit Helpende Hand se studiefonds.

Dit was ‘n bedrywige oggend. 40% van die fondse gaan aan Solidariteit Helpende Hand se studiefonds. Foto: Gerda Bruinette

Mariëtte så daar is tans 11 studente in die streek vir wie hul help met hul studies en die onkostes beloop R400 000. Van die geld wat by Ons Winkels gemaak word ook gebruik vir die studiefonds.

Solidariteit Helpende Hand se Hand het kom inloer. Foto: Gerda Bruinette

Ons Winkel in SW5 bied ʼn groot verskeidenheid. Dis ʼn lekker plek om rond te loop en vir winskopies te soek. Behalwe die kwaliteit tweedehandse klere, is daar ook allerhande snuisterye, boeke, bekers, glase en ʼn hele klomp interessante langspeelplate.

Die winkel is ook altyd op soek na skenkings van enige bruikbare artikel van kombuisware, linne, klere, sporttoerusting en speelgoed tot by boeke en skoene. Gaan maak gerus ʼn draai daar. Hulle is geleë oorkant NG Kerk Suid en om die hoek van Butcher Boys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button