Local newsNews

Hoekies krieket is kookwater

Hoërskool Driehoek se krieketspanne het hierdie week opslae gemaak en korte mette met hul teenstanders gemaak.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Driehoek se meisie- en seuns krieketspanne het die week oortuigende oorwinnings gehad.

Eergister het die eerstespan meisies Afrikaans Hoër Sasolburg die stryd aangesê. Die wedstryd was in ʼn oogwink verby nadat Affies vir slegs ses lopies uitgehaal is.

Leadroche Mathysen het ʼn driekuns behaal en geen lopies afgestaan nie, terwyl Caylin Townshend vyf paaltjies laat kantel het en Elysia Fourie twee.

Caylin Townshend. Foto: HS Driehoek/Facebook

Driehoek het 9 lopies in slegs drie balle geslaan en daarmee met 10 paaltjies gewen. Die Hoekies se Daisies het op dieselfde dag HTS Sasolburg ore aangesit.

HTS Sasolburg het eerste gekolf en 101/1 na 20 boulbeurte behaal. Die Daisies het die wenlopies in die 13de boulbeurt aangeteken en met 7 paaltjies gewen.

Die o15-seuns-krieketspan het Dinsdag teen Hoër Volkskool Heidelberg te staan gekom. Volkskool het 126 lopies aangeteken, waarna Driehoek die teiken met 132/1 in slegs 22.3 boulbeurte verbygesteek het.

Ethan Bruwer en Divan Dreyer het die Hoekies se oorwinning met hul puik kolfwerk verseker. Foto: HS Driehoek/Facebook

Divan Dreyer en Ethan Bruwer het stewig voor die penne gestaan en ʼn vennootskap van 105 aangeteken. Divan het 79” van 70 balle geslaan en Ethan 41” van 56 balle.

Hoërskool Driehoek is ook trots op hul spelers wat vir Johannesburg Suid en Sedibeng gekies is.

Melyke Scheepers en Elysia Fourie is in die o16 Johannesburg Suid span opgeneem, terwyl Caylin Townshend, Roelin Visser, Miecke Beisheim, Cara Wessels en Shanay Prinsloo vir die o19 span gekies is.

Ses van die seuns-krieketspelers het Sedibeng-krieketspanne gehaal. Louis Pieterse is vir die o19’s gkies, Christiaan Schoeman vir die o16’s en Lucius Goosen, Divan Dreyer en Papi Kotsoane in die o15 Sedibeng span opgeneem is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button