Local newsNews
VLU Alpha Tak geniet Bloemfontein Kongres
Lede van die Vroue Landbou Unie in Vanderbijlpark het die Vrystaat VLU se 96ste kongres in Bloemfontein bygewoon.
VANDERBIJLPARK – Agt lede van die VLU Apha Tak het die VLU Vrystaat se jaarlikse kongres in Bloemfontein bygewoon. Die kongres is van 2 – 3 September gehou. Hierdie jaar se tema was Hoop.
Volgens Rina de Klerk het almal heerlik gebly, gekuier en by die onderskeie sprekers geleer.
Die VLU het die bekende Ina Paarman bekroon as persoonlikheid van die jaar. “Die kompetisie artikels was van uitstaande gehalte en ons lede het baie goed gevaar,” het Rina gesê.
Alpha-tak het verlede week ook hul maandvergadering gehou. Tydens die geleentheid het Rina ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om ricottakaas te maak, en almal het lekker geproe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
