News

Vaalweekblad Bruid van die Jaar: Deelname is gratis

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel. Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by [email protected] stuur.

Hier is van die nuutste inskrywings.

Niel en Benita Dauth van Vanderbijlpark is op 6 Junie getroud.
Jané en Marthinus Janse van Rensburg van Vanderbijlpark is op 29 Augustus getroud.
Louise en Coenraad Smith van Meyerton is op 7 Maart getroud.
Nadine en Marques Pereira van Meyerton is op 16 Junie getroud.
Juan Muller en San-Marié Muller van Sasolburg is op 15 Augustus getroud.
Zandilee en Gerbrand Mocke van Meyerton is op 18 Julie getroud.
Janco en Zoey von Benecke van Vereeniging is op 22 Augustus getroud.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Back to top button